Matteus 5
5
Jesus leer vir die mense op die berg
1Toe Jesus die baie mense sien, het Hy teen die berg opgegaan en gaan sit. Sy dissipels het na Hom toe gekom. 2Toe het Hy begin om vir hulle te leer. Hy het vir hulle gesê:
Die gelukkige mense
(Ook Luk 6:20-23)
3“Mense wat weet hulle het
vir God nodig,
is gelukkige mense,
want God wat in die hemel is,
is hulle Koning.
4Mense wat nou hartseer is,
is gelukkige mense,
want God sal hulle hartseer
wegneem.
5Mense wat nederig is
en wat op God vertrou,
nie op hulleself nie,
is gelukkige mense,
want God sal vir hulle
die aarde gee.
6Mense wat baie graag wil doen
wat God wil hê,
is gelukkige mense,
want God sal vir hulle help
om alles te doen wat Hy wil hê.
7Mense wat goed is vir iemand
wat swaarkry,
is gelukkige mense.
God sal vir hulle ook goed wees.
8Mense wat net vir God dien,
is gelukkige mense,
want hulle sal God sien.
9Mense wat vrede maak
tussen mense,
is gelukkige mense.
God sal sê hulle is sy kinders.
10Wanneer mense doen
wat God wil hê,
en ander mense doen
slegte dinge aan hulle,
dan is hulle gelukkige mense.
God wat in die hemel is,
is hulle Koning.
11“Julle is gelukkige mense wanneer ander mense julle beledig en slegte dinge doen aan julle omdat julle My dien. Julle is gelukkige mense wanneer hulle slegte stories oor julle vertel wat alles leuens is. 12Wanneer mense slegte dinge doen aan julle, dan moet julle baie bly wees, want in die hemel sal God vir julle baie goed wees. Die mense het ook slegte dinge gedoen aan die profete wat voor julle gelewe het.”
Die sout vir die aarde en die lig van die wêreld
(Ook Mark 9:50; 4:21; Luk 14:34-35; 8:16)
13“Julle is vir die aarde soos sout in kos. Maar as sout nie meer soos sout smaak nie, dan kan niemand dit weer soos sout laat smaak nie. Daardie sout beteken niks. Mense gooi dit buite weg en hulle trap daarop.
14“Julle is vir die wêreld soos lig wat skyn. As 'n stad bo-op 'n berg lê, dan kan al die mense die stad sien. 15So steek 'n mens ook nie 'n lamp op en maak dit dan toe met 'n emmer nie. Nee, 'n mens sit 'n lamp op die lampstaander, en die lig skyn sodat almal in die huis kan sien. 16So moet die mense ook julle lig kan sien. Hulle moet sien julle lewe reg. Dan sal hulle ook julle Vader prys wat in die hemel is.”
Jesus sê die wette is belangrik
17“Moenie dink Ek het gekom om te sê die Wette van Moses en die boeke van die profete is nie meer belangrik nie. Ek het nie gekom om te sê dit is nie belangrik nie, Ek het gekom om te wys wat Moses en die profete bedoel het. 18Ek sê vir julle, en dit is seker: Die hemel en die aarde sal verdwyn, maar niks in die Wette van Moses sal verdwyn nie, nie die kleinste letter of letter-strepie nie. Alles wat daar geskryf is, moet eers gebeur. 19Iemand dink miskien dit is nie nodig om gehoorsaam te wees aan een van die onbelangrikste van hierdie wette nie, en hy leer vir ander mense ook so. Dan sal hy niks beteken nie by God, die Koning wat in die hemel is. Maar iemand wat gehoorsaam is aan die wette van God en wat vir ander mense ook so leer, sal belangrik wees by God, die Koning wat in die hemel is. 20Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle moet gehoorsaam wees en doen wat God wil hê, meer gehoorsaam as die skrifgeleerdes en die Fariseërs. As julle dit nie doen nie, dan sal julle nie by God kan kom nie, by God, die Koning wat in die hemel is.”
Die wette is belangrik: Mense moet vrede maak
(Ook Luk 12:58-59)
21“Julle weet die wette sê: ‘ Jy mag nie iemand vermoor nie. As jy iemand vermoor, dan sal die hof jou straf.’ 22Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad word, moet dit weet: Die hof sal hom straf. En elkeen wat vir sy broer sê: Jy is 'n domkop, die Joodse Raad sal hom straf. En elkeen wat vir iemand sê: Jy is 'n dwaas, hy sal brand in die vuur van die hel. 23Wanneer jy jou offer na die altaar bring, en jy onthou daar dat jou broer kwaad is vir jou, 24moenie dan offer nie. Los jou offer daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer. Kom dan terug en bring jou offer vir God. 25Wanneer iemand jou hof toe wil vat, dan moet jy met hom vrede maak voordat julle by die hof kom. As jy dit nie doen nie, dan sal hy jou na die hof bring, en die regter sal sê die polisie moet jou in die tronk toesluit. 26Ek sê vir jou, en dit is seker: Jy sal nie uit die tronk uitkom nie. Jy sal eers alles moet betaal wat jy skuld.”
Die wette is belangrik: Egbreuk
(Ook Matt 18:8-9; Mark 9:43,47)
27“Julle weet die wette sê: ‘ Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ 28Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na 'n ander vrou kyk en lus kry om by haar te slaap, het klaar in sy hart sonde gedoen en egbreuk gepleeg. 29As jou regter-oog jou laat sonde doen, ruk dit uit en gooi dit weg, want dan verloor jy net 'n oog en jou hele liggaam gaan nie hel toe nie. 30As jou regter-hand jou laat sonde doen, kap dit af en gooi dit weg, want dan verloor jy net 'n hand en dan sal jou hele liggaam nie hel toe gaan nie.”
Die wette is belangrik: Getroude mense wat skei
(Ook Matt 19:7,9; Mark 10:11-12; Luk 16:18)
31“Julle weet die wette sê: ‘ Elkeen wat van sy vrou skei, moet vir haar 'n skeibrief gee.’ 32Maar Ek sê vir julle: Wanneer iemand van sy vrou skei, en die vrou trou weer, dan pleeg sy egbreuk, en dan is dit die man se skuld. En elke man wat met 'n geskeide vrou trou, pleeg egbreuk. 'n Man mag net van sy vrou skei as sy seks gehad het met 'n ander man.”
Die wette is belangrik: Mense moenie iets belowe nie
33“Julle weet ook die wette sê: ‘ Jy moenie iets belowe wat jy nie wil doen nie,’ en ‘as jy vir die Here iets belowe het, dan moet jy dit doen.’ 34Maar Ek sê vir julle: Jy moet nooit iets belowe en sê die Here is die getuie nie. Julle moenie iets belowe en sê die hemel is die getuie nie, want die hemel is die troon van God. 35Julle moenie iets belowe en sê die aarde is die getuie nie, want die aarde is die plek waar God se voete rus. Julle moenie iets belowe en sê Jerusalem is die getuie nie, want Jerusalem is die stad van God, die Groot Koning. 36Jy moenie iets belowe en sê jy is self die getuie nie, want jy kan nie self een haar op jou kop wit of swart maak nie, jy kan nie die kleur verander nie.
37“Sê ‘ja’ wanneer julle ‘ja’ wil sê, en sê ‘nee’ wanneer julle ‘nee’ wil sê. Dit is die duiwel wat vir julle meer as dit laat sê.”
Die wette is belangrik: Mense moenie keer wanneer ander mense slegte dinge doen aan hulle nie
(Ook Luk 6:29-30)
38“Julle weet die wette sê: ‘ As jy iemand se oog uitslaan, dan moet hy jou oog ook uitslaan. As jy iemand se tand uitslaan, dan moet hy jou tand ook uitslaan.’ 39Maar Ek sê vir julle: Moenie keer wanneer iemand slegte dinge doen aan jou nie. As hy jou op jou regter-wang klap, draai dan die ander wang na hom toe, sodat hy jou daar ook kan klap. 40As hy jou hof toe wil vat omdat hy jou onderkleed wil hê, gee dan ook jou bo-kleed vir hom. 41As 'n soldaat sê jy moet sy goed een myl ver dra, dan moet jy dit twee myl ver dra. 42As iemand iets vir jou vra, gee dit vir hom. As iemand iets by jou wil leen, moenie vir hom ‘nee’ sê nie.”
Die wette is belangrik: Liefde vir 'n mens se vyand
(Ook Luk 6:27-28,32-36)
43“Julle weet die wette sê: ‘ Jy moet lief wees vir jou naaste en jy moet jou vyand haat.’ 44Maar Ek sê vir julle: Julle moet lief wees vir julle vyande en julle moet bid vir die mense wat slegte dinge doen aan julle. 45Dan sal die mense weet julle is kinders van julle Vader in die hemel. Want julle Vader laat die son skyn oor slegte en oor goeie mense en Hy laat die reën val op mense wat goed doen en ook op mense wat verkeerd doen. 46As julle lief is net vir mense wat ook lief is vir julle, dan sal God nie daaroor goed wees vir julle nie. Die tollenaars doen presies dieselfde. 47En as julle vriendelik is net met julle vriende, dan doen julle wat ander mense ook doen, julle doen niks beter as hulle nie. Die mense wat God nie ken nie, doen presies dieselfde. 48Julle Vader in die hemel is lief vir al die mense, dit maak nie saak wie hulle is nie. So moet julle ook lief wees vir al die ander mense.”
Currently Selected:
Matteus 5: ABA
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

: