YouVersion Logo
Search Icon

Romeine 11:17-18

Romeine 11:17-18 ABA

God het die Israeliete gelos en Hy red julle wat heidene is. Dit is soos wanneer iemand takke van 'n mak olyfboom afbreek en dan takke van 'n wilde olyfboom inent op die mak olyfboom. Dan groei daardie wilde takke aan die mak olyfboom en hulle kry ook van die boom se wortel al die kos wat hulle nodig het. Julle wat heidene is, is soos die wilde takke, en die Israeliete is soos die mak takke. Die wilde takke mag nie dink hulle is beter as die mak takke nie, want die wilde takke lewe nie self nie, hulle kry hulle kos van die boom se wortel.