YouVersion Logo
Search Icon

1 Samuel 28:7-8

1 Samuel 28:7-8 AFR20

Saul sê toe vir sy amptenare: “Soek vir my 'n vrou wat mag het oor geeste, dat ek na haar kan gaan en haar kan raadpleeg.” Sy amptenare sê vir hom: “Kyk, daar is 'n vrou met 'n waarsêerput in En-Dor.” Saul het homself vermom en ander klere aangetrek. Hy gaan toe, hy en twee manne saam met hom, en kom in die nag by die vrou aan. Hy sê toe: “Tree asseblief vir my as voorspeller op deur die gees van 'n dooie. Laat vir my dié een opkom wat ek vir jou sal sê.”