YouVersion Logo
Search Icon

2 Korinthiërs 2

2
1Dit het ek my dus voorgeneem: om nie weer met droefheid na julle te kom nie. 2Immers, as ék julle bedroef maak, wie anders kan my bly maak as die een wat ek bedroef gemaak het? 3En dit is presies wat ek geskryf het, sodat ek nie, wanneer ek kom, bedroef word deur hulle wat my moes bly maak nie. Ek vertrou op julle almal, dat my vreugde julle almal s'n sal wees. 4Want met groot kwelling en angs in my hart het ek deur baie trane heen aan julle geskryf, nie om julle te bedroef nie, maar dat julle kan weet van die liefde wat ek in so 'n groot mate teenoor julle koester.
Liefde en vergifnis vir die oortreder
5 Maar as iemand droefheid veroorsaak het, is dit nie vir my wat hy bedroef het nie, maar, sonder om te oordryf, in 'n mate julle almal. 6 Vir so iemand is hierdie teregwysing deur die meerderheid genoeg. 7Gevolglik moet julle hom in plaas daarvan eerder vergewe en bemoedig, sodat iemand soos hy nie dalk deur oormatige droefheid verteer word nie. 8Daarom vermaan ek julle ernstig om julle liefde aan hom te herbevestig. 9Want vir dié doel het ek ook geskryf: om julle betroubaarheid te leer ken, of julle in elke opsig gehoorsaam is. 10En vir hom wat julle iets vergeef, vergeef ek ook. Wat ek inderdaad vergeef het – as ek iets vergeef het – was ter wille van julle, voor die aangesig van •Christus, 11sodat Satan nie die oorhand oor ons kry nie. Ons is immers nie onbekend met sy planne nie.
Paulus se besorgdheid
12Toe ek in Troas aangekom het om die evangelie van Christus te verkondig, en die Here reeds 'n deur vir my oopgemaak het, 13kon ek nogtans geen gemoedsrus kry nie, omdat ek my broer Titus nie daar aangetref het nie. Daarom het ek toe van hulle afskeid geneem en na Macedonië vertrek.
Triomftog van die evangelie
14Maar dank aan God, wat ons altyd deur •Christus in sy triomftog meevoer, en die geur van sy kennis op elke plek deur ons versprei. 15Want ons is 'n aangename geur van Christus aan God, vir dié wat verlos word, én vir dié wat verlore gaan – 16vir laasgenoemde 'n reuk vanuit die dood tot die dood, vir eersgenoemde 'n geur vanuit die lewe tot die lewe. En wie is hiertoe bekwaam? 17Ons is nie soos so baie ander wat smous met die woord van God nie; maar ons praat in opregtheid, asof vanuit God, voor God, en dit in Christus.

Currently Selected:

2 Korinthiërs 2: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in