YouVersion Logo
Search Icon

Ester 6:1-2

Ester 6:1-2 AFR20

Daardie nag het die slaap die koning ontwyk. Hy het beveel dat die boekrol met die amptelike kronieke, die verslag van daaglikse gebeure, gebring moet word. Toe dit aan die koning voorgelees is, het hulle op 'n inskrywing afgekom dat dit Mordegai was wat onthul het dat die koning se twee paleisamptenare, Bigtan en Teres, die deurwagters, daarop uit was om koning Ahasveros te vermoor.