YouVersion Logo
Search Icon

Esegiël 35

35
Straf oor Edom
1Die woord van die Here het tot my gekom: 2 “Mensekind, draai jou gesig na die berg Seïr en profeteer teen hom; 3sê vir hom, ‘So sê my Heer, die Here: “Dit is Ek teen jou, berg Seïr! Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou 'n woesteny, 'n afgryslike plek maak. 4Jou dorpe sal Ek puinhope maak; en jy, jy sal verlate wees. Dan sal jy besef dat Ek die Here is. 5 Omdat jy 'n ewigdurende vyandskap koester, en jy die Israeliete oorgelewer het aan die snykante van die swaard in die tyd van hulle teenspoed, in die tyd van finale straf, 6daarom, so seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “aan bloedskuld sal Ek jou beslis onderwerp, en bloedskuld sal jou agtervolg. Jy het nie 'n weersin gehad in bloedskuld nie, en bloedskuld sal jou agtervolg.”
7“ ‘ “Ek sal die berg Seïr 'n woesteny, 'n afgryslike plek maak; Ek sal hulle wat daar verbytrek en terugkeer, uitroei. 8Ek sal sy berge vol van sy gesneuweldes maak. Op jou heuwels, in jou valleie, in al jou stroombeddings – daar sal dié wat gesneuwel het deur die swaard, val. 9'n Ewige woesteny maak Ek jou; jou dorpe sal nie bewoon word nie, en julle sal besef dat Ek die Here is. 10Omdat jy gesê het, ‘Die twee nasies en die twee lande behoort aan my, en ons gaan dit in besit neem,’ – alhoewel die Here daar was – 11daarom, so seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “Ek sal optree in ooreenstemming met jou toorn en afguns waarmee jy uit haat teen hulle opgetree het. Ek sal Myself aan hulle bekend maak wanneer Ek jou oordeel. 12Jy sal besef dat Ek die Here is. Ek het al jou beledigings gehoor wat jy uitgespreek het teen die berge van Israel, deur te sê, ‘Hulle lê verlate – aan ons is hulle as voedsel gegee.’
13“ ‘ “Julle het julle groot gehou teen My met al julle gepraat; julle het julle woorde teen My net te veel gemaak. Ek self het dit gehoor.” 14So sê my Heer, die Here: “Terwyl die hele aarde verheug is, maak Ek van jou 'n woesteny. 15 Soos wat jy vreugde ervaar oor die erfgrond van die huis van Israel omdat dit verlate lê, só sal Ek met jou maak: Jy sal verlate lê, berg van Seïr, ja, die hele Edom. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.” ’ ”

Currently Selected:

Esegiël 35: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in