YouVersion Logo
Search Icon

Genesis 10

10
1Hier volg die familiegeskiedenis van Noag se seuns, Sem, Gam en Jafet. Daar is vir hulle seuns gebore ná die vloed.
2Jafet se nageslag was
Gomer en Magog, Madai, Jawan, Tubal, Meseg en Tiras.
3Gomer se nageslag was
Askenas, Rifat en Togarma.
4Jawan se nageslag was
Elisa, Tarsis, die Kittiërs en Dodaners – 5deur hulle is die eilande van die nasies bevolk, almal in hulle eie lande, elkeen met sy eie taal, volgens hulle grootfamilies, volgens hulle nasies.
6 Gam se nageslag was
Kus, Egipte, Put en Kanaän.
7Kus se nageslag was
Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabtega.
Rama se nageslag was
Skeba en Dedan.
8Kus het Nimrod verwek. Hy het begin om as 'n maghebber op aarde op te tree. 9Hy was 'n dapper jagter voor die Here. Daarom word daar gesê: “Soos Nimrod, 'n dapper jagter voor die Here.10Die kern van sy ryk was Babel, Ereg, Akkad en Kalne in die land Sinar. 11Uit hierdie gebied het hy na Assur weggetrek en Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou, 12en ook Resen, tussen Nineve en Kalag – dit is die groot stad.
13 Egipte was die voorvader van die Ludeërs, die Anameërs, die Lehabeërs, die Naftugiete, 14 en van die Patrosane en die Kaslugiete – uit wie die Filistyne voortgekom het – en van die Kaftorane.
15Kanaän het Sidon verwek, sy eersgeborene, en ook Het, 16en was die voorvader van die Jebusiete, die •Amoriete, die Girgasiete, 17die Hewiete, die Eregiete, die Siniete, 18die Arwadters, die Semariërs en die mense van Hamat. Daarna het die grootfamilies van die Kanaäniete versprei, 19sodat die grondgebied van die Kanaäniete gestrek het van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, en in die rigting van Sodom en Gomorra, Adma en Sebojim tot by Lesa. 20Dit was dan Gam se nageslag, volgens hulle grootfamilies, met hulle eie tale, in hulle eie lande, volgens hulle nasies.
21En vir Sem, die ouer broer van Jafet, ook vir hom is seuns gebore. Hy was die stamvader van die hele nageslag van Heber.
22Die nageslag van Sem was
Elam, Assur, Arpagsad, Lud en Aram.
23Die nageslag van Aram was
Us, Gul, Geter en Mas.
24 Arpagsad het Selag verwek,
en Selag het Heber verwek.
25 Vir Heber is twee seuns gebore:
die een se naam was Peleg, want in sy tyd het die aarde verdeeld geraak, en sy broer se naam was Joktan.
26Joktan het
Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, 27Hadoram, Usal, Dikla, 28Obal, Abimael, Seba, 29Ofir, Gawila en Jobab verwek.
Hulle almal was die nageslag van Joktan, 30en hulle woongebied het gestrek van Mesa af in die rigting van Sefar, die heuwelland in die ooste.
31Dit was dan die nageslag van Sem volgens hulle grootfamilies, met hulle eie tale, in hulle eie lande, volgens hulle nasies.
32 Dit was die grootfamilies van Noag se seuns volgens hulle familiegeskiedenis, volgens hulle nasies. Uit hulle het die nasies oor die aarde versprei ná die vloed.

Currently Selected:

Genesis 10: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in