YouVersion Logo
Search Icon

Hebreërs 11:24-27

Hebreërs 11:24-27 AFR20

Deur geloof het Moses, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van die dogter van die farao genoem te word, en het hy eerder verkies om saam met die volk van God sleg behandel te word as om die kortstondige genot van sonde te beleef. Hy het die smaad van die •Christus groter rykdom geag as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning. Deur geloof het hy Egipte verlaat sonder om bang te wees vir die woede van die koning, want hy het volhard soos een wat Hom, die Onsienlike, sien.