YouVersion Logo
Search Icon

Hebreërs 13

13
Laaste opdragte
1Die broederliefde moet bly! 2Moenie versuim om gasvry te wees nie, want hierdeur het sommige, sonder dat hulle dit weet, engele as gaste ontvang. 3Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, aan hulle wat mishandel word asof julle dit self aan julle liggaam beleef. 4Die huwelik moet in alle opsigte eerbaar gehou word, en die huweliksbed moet onbesoedeld wees, want God sal hoereerders en egbrekers oordeel. 5Julle leefwyse moet vry wees van geldgierigheid. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê, “Ek sal jou beslis nie verlaat nie, en ook nie in die steek laat nie”, 6sodat ons met vertroue kan sê:
“Die Here is vir my 'n helper –
ek sal nie bang wees nie.
Wat sal 'n mens aan my doen?”
7Hou altyd julle leiers in gedagte, dié wat die woord van God aan julle verkondig het; gee ag op die uiteinde van hulle lewensloop, en neem hulle geloof as voorbeeld. 8Jesus •Christus is gister en vandag dieselfde, en tot in ewigheid. 9Moenie meegevoer raak deur allerhande vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart deur genade versterk word, nie deur eetgebruike wat dié wat daarvolgens lewe, niks baat nie. 10Ons het 'n offeraltaar waarvan dié wat in die •tabernakel diens verrig, nie mag eet nie. 11 Want die karkasse van die diere waarvan die bloed ter wille van die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word, word buite die laer verbrand. 12Daarom het ook Jesus so buite die stadspoort gely, sodat Hy die volk deur sy eie bloed kon heilig. 13 Laat ons dus uitgaan na Hom buite die laer, en sy smaad verduur. 14 Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons is op soek na die toekomstige stad. 15Laat ons dan deur Hom voortdurend 'n lofoffer aan God bring – dit is die vrug van lippe wat sy Naam saam bely. 16En moenie versuim om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want God het behae in sodanige offers.
17Wees gehoorsaam en onderdanig aan julle leiers, want hulle waak oor julle siele, as diegene wat rekenskap sal moet gee – sodat hulle dit met vreugde kan doen, en nie al sugtend nie, want dit sal vir julle nie goed wees nie.
18Bid vir ons, want ons is oortuig dat ons 'n goeie gewete het, omdat ons in alles daarna streef om eerbaar te leef. 19Veral pleit ek dat julle dit sal doen, sodat ek binnekort na julle teruggebring sal word.
20En mag die God van vrede, wat die groot Herder van die skape, ons Here Jesus, uit die dood uitgelei het deur die bloed van die ewige verbond, 21julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen, terwyl Hy in ons dit doen wat voor Hom welbehaaglik is, deur Jesus •Christus, aan wie die heerlikheid behoort, vir ewig en ewig! •Amen!
Laaste opmerkings en seëngroet
22Ek pleit by julle, broers, aanvaar hierdie boodskap van aansporing, want ek het maar kortliks vir julle geskryf. 23Julle moet weet dat ons broer Timoteus reeds vertrek het. As hy binnekort kom, sal ek julle saam met hom sien.
24Groet al julle leiers en al die •heiliges. Dié wat van Italië is, groet julle.
25Die genade bly met julle almal!

Currently Selected:

Hebreërs 13: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in