YouVersion Logo
Search Icon

Nehemia 1:5-6

Nehemia 1:5-6 AFR20

Ek het gesê: “Ag, HERE, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God, wat die verbond en trou handhaaf vir hulle wat Hom liefhet en sy gebooie nakom, laat u oor asseblief aandagtig wees, en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u dienskneg wat ek vandag, wat ek dag en nag voor U bid oor die Israeliete, u diensknegte, die gebed waarmee ek die sondes van die Israeliete bely wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig.