YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 113

113
1 Halleluja!
Loof, diensknegte van die Here,
Loof die Naam van die Here.
2Mag die Naam van die Here
geprys word,
van nou af tot in ewigheid.
3Mag, van waar die son opkom
tot waar dit ondergaan,
die Naam van die Here geloof word.
4Hoog bo al die nasies is die Here;
bo die hemel is sy heerlikheid.
5Wie is soos die Here, ons God,
wat hoog woon,
6wat laag afkyk
op die hemel en die aarde –
7Hy wat hulpeloses
uit die stof laat opstaan,
van die ashoop af behoeftiges verhef
8om hulle by vooraanstaandes
te laat sit,
by die vooraanstaandes van sy volk,
9Hy wat aan die onvrugbare
vrou van die huis 'n tuiste gee –
'n gelukkige moeder van kinders.
Halleluja!

Currently Selected:

Psalms 113: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in