YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 136

136
1Prys die Here, want Hy is goed
– want vir ewig duur sy troue liefde.
2Prys die God van die gode
– want vir ewig duur sy troue liefde.
3Prys die Heer van die here
– want vir ewig duur sy troue liefde.
4Prys Hom wat groot wonders
doen, Hom alleen
– want vir ewig duur sy troue liefde –
5wat met insig die hemel
gemaak het
– want vir ewig duur sy troue liefde –
6wat die aarde oor die waters
uitgespan het
– want vir ewig duur sy troue liefde –
7wat die groot ligte gemaak het
– want vir ewig duur sy troue liefde –
8die son om te heers in die dag
– want vir ewig duur sy troue liefde –
9die maan en sterre om te heers
in die nag
– want vir ewig duur sy troue liefde.
10Prys Hom wat Egipte getref het
deur hulle •eersgeborenes
– want vir ewig duur sy troue liefde –
11en Israel uit hulle midde
laat wegtrek het
– want vir ewig duur sy troue liefde –
12met 'n sterk hand en uitgestrekte arm
– want vir ewig duur sy troue liefde.
13Prys Hom wat die Rietsee
in twee gesny het
– want vir ewig duur sy troue liefde –
14en Israel in die middel
laat deurtrek het
– want vir ewig duur sy troue liefde –
15maar die farao en sy leër
in die Rietsee afgeskud het
– want vir ewig duur sy troue liefde.
16Prys Hom wat sy volk
deur die woestyn
laat gaan het
– want vir ewig duur sy troue liefde –
17groot konings verslaan het
– want vir ewig duur sy troue liefde –
18magtige konings om die lewe
gebring het
– want vir ewig duur sy troue liefde –
19Sihon, die koning van die Amoriete
– want vir ewig duur sy troue liefde –
20en Og, die koning van Basan
– want vir ewig duur sy troue liefde.
21Hy het hulle land
as erfdeel gegee
– want vir ewig duur sy troue liefde –
22as erfdeel aan Israel sy dienskneg
– want vir ewig duur sy troue liefde –
23Hy wat in ons vernedering
aan ons gedink het
– want vir ewig duur sy troue liefde –
24en ons van ons teenstanders
weggeruk het
– want vir ewig duur sy troue liefde –
25Hy wat kos gee aan alles wat leef
– want vir ewig duur sy troue liefde.
26Prys die God van die hemel
– want vir ewig duur sy troue liefde!

Currently Selected:

Psalms 136: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in