YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 16

16
1'n Miktaam. Van Dawid.
Beskerm my, o God,
want by U skuil ek.
2Ek het vir die Here gesê:
“U is my Heer;
buiten U is daar vir my niks goeds nie.”
3Wat die heiliges in die land betref,
ja, die magtiges,
by wie ek al my vreugde gevind het:
4Wie hulle na ander gode haas,
vererger hulle smart.
Ek sal nie vir hulle •drankoffers
van bloed uitgiet nie,
en ek sal nie hulle name
op my lippe neem nie.
5 Here, my erfdeel, my beker,
U bepaal my lot.
6Die meetsnoere het vir my
in lieflike plekke geval,
ja, my erfenis is vir my mooi.
7Ek sal die Here prys
wat my raad gegee het,
selfs in die nag wys my hart my tereg.
8 Ek hou die Here altyd voor oë;
omdat Hy aan my regterkant is,
sal ek nie struikel nie.
9Daarom is my hart bly
en juig my binneste;
ja, my liggaam bly veilig,
10 want U sal my lewe
nie aan die •doderyk oorlewer nie;
U sal nie toelaat dat u getroue
volgeling die graf sien nie.
11U wys my die pad van die lewe:
oorvloedige vreugde
in u teenwoordigheid,
lieflikhede in u regterhand, vir altyd.

Currently Selected:

Psalms 16: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in