YouVersion Logo
Search Icon

Nehemia 13:1-2

Nehemia 13:1-2 CAB23

Op dié dag het hulle voor die gehoor van die volk uit die boek van Moses gelees; en daarin is geskrywe gevind dat die Ammoniet en die Moabiet nie vir ewig in die vergadering van God sou kom nie; Omdat hulle die kinders van Israel nie met brood en water teëgekom het nie, maar Bíleam teen hulle gehuur het om hulle te vervloek; maar onse God het die vloek in 'n seën verander.