YouVersion Logo
Search Icon

Psalms Psalm 93

Psalm 93
1Die HERE is Koning, Hy is bekleed met majesteit; die HERE is bekleed met sterkte waarmee Hy Hom omgord het; ook is die wêreld vas, dat dit nie wankel nie.
2U troon is gevestig van ouds af, U is van ewigheid af.
3Die strome het verhef, o HERE, die strome het hul stem verhef; die vloede verhef hulle golwe.
4Die HERE in die hoogte is sterker as die gedruis van baie waters, ja, as die geweldige golwe van die see.
5U getuienisse is baie vas: heiligheid is U huis, o HERE, tot in ewigheid.

Currently Selected:

Psalms Psalm 93: CAB23

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in