YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 121

121
Op pad.
1 'n BEDEVAARTSLIED.
Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
2 My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
3Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
4Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.
5Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.
6 Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.
7Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.
8Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.

Currently Selected:

PSALMS 121: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in