YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 15

15
Wie mag vertoef in u tent, o Here?
1 'n PSALM van Dawid.
Here, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?
2Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;
3 wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;
4in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die Here vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;
5wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.

Currently Selected:

PSALMS 15: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in