1 Konings 22
22
Josafat en Agab besluit om saam oorlog te maak
1Twee jaar lank was daar vrede tussen Israel en die Arameërs. 2In die derde jaar het Josafat, die koning van Juda, vir Agab, die koning van Israel, gaan kuier.
3In dié tyd het koning Agab van Israel vir sy amptenare gesê: “Weet julle dat Ramot in Gilead eintlik aan ons behoort? Waarom het ons dit nog nie van die koning van die Arameërs teruggevat nie?”
4Agab het vir Josafat gevra: “Waarom gaan veg jy nie saam met ons teen Ramot nie?”
Josafat het gesê: “Dit is goed so. My soldate en perde is ook joune. 5Voor ons gaan, moet ons egter eers die Here vra,” het Josafat gesê.
6Agab het toe omtrent 400 profete bymekaar laat kom en vir hulle gevra: “Moet ek teen Ramot in Gilead gaan veg of moet ek nie?”
Al die profete het gesê: “Trek teen Ramot op, want die Here sal u laat wen.”
7Josafat was onrustig en het gevra: “Is hier nie dalk nog ’n profeet wat vir die Here kan vra of ons reg optree nie?”
8“Ja, daar is nog een,” het Agab gesê. “Hy is Miga die seun van Jimla. Ek hou niks van die vent nie, want hy profeteer nooit iets goeds vir my nie. Hy sê altyd net slegte dinge.”
“Die koning moenie so praat nie,” het Josafat gesê. “Laat ons na hom luister.”
9Agab het toe een van sy amptenare gestuur om Miga te gaan haal. 10Almal is toe na ’n dorsvloer net buite Samaria. Albei konings het op hulle troon gesit en albei het hulle koninklike klere aangehad. Al die profete was in profetiese ekstase.
11Een van hulle, Sedekia die seun van Kenaäna, het sulke ysterhorings gehad en hy het vir Agab gesê: “Die Here sê u sal soos hierdie ysterhorings die Arameërs verpletter.”
12Al die ander profete het saamgestem: “Trek maar op teen Ramot in Gilead, want u sal die oorlog wen. Die Here sal beslis die stad in u hand gee.”
Miga se profetiese woorde
13Die amptenaar wat Miga gaan haal het, sê toe vir hom: “Miga, al die ander profete het ’n groot oorwinning vir die koning voorspel. Jy moet tog ook dieselfde sê.”
14Miga het egter geantwoord: “So seker as die Here leef, ek sal net vir die koning sê wat die Here vir my gesê het.” 15Hulle het Miga na die koning toe gebring.
Agab het vir hom gevra: “Miga, moet ons teen Ramot in Gilead gaan veg of nie?”
“Gaan maar,” het Miga gesê. “Die Here sal Ramot in u hand gee.”
16Agab het skerp geantwoord: “Luister hier, Miga, hoeveel keer moet ek vir jou sê om die waarheid in die Naam van die Here te praat?”
17“Goed dan,” het Miga gesê. “Ek sien Israel oral op die heuwels rondloop. Hulle is soos skape sonder ’n herder. Die Here sê dat hulle nie ’n koning het nie. Laat hulle maar in vrede huis toe gaan.”
18Agab het toe vir Josafat gesê: “Dit is net soos ek gesê het. Hierdie man voorspel nooit vir my iets goeds nie. Hy sê net altyd slegte dinge.”
19Miga het voortgegaan en gesê: “Hoor wat sê die Here verder: Ek het die Here in die hemel op sy troon sien sit. Rondom Hom was hemelwesens. 20Toe het die Here gevra: ‘Wie sal Agab gaan mislei sodat hy teen Ramot in Gilead sal optrek om daar doodgemaak te word?’ En die hemelwesens het onder mekaar gepraat. 21Een van hulle het toe vir die Here gesê: ‘Ek sal gaan en Agab mislei.’ 22‘Hoe sal jy dit doen?’ het die Here gevra. ‘Ek sal maak dat al Agab se profete leuens vertel.’ ‘Goed dan,’ het die Here gesê. ‘Gaan mislei hom. En doen dit deeglik.’”
23Miga het nog ’n laaste woord vir die koning gesê: “Sien u, alles het toe so gebeur. Die Here het gemaak dat al hierdie profete vir u gelieg het. En dit terwyl die Here u ondergang beplan.”
24Sedekia die seun van Kenaäna het Miga op sy kakebeen geslaan en gesê: “Van wanneer af het die Here se Gees my verlaat om deur jou te praat?”
25“Sedekia, jy sal dit eers besef wanneer jy binnekort van kamer tot kamer gaan vlug en probeer wegkruip,” het Miga geantwoord.
26Daarop sê koning Agab: “Gryp vir Miga en vat hom hier weg. Vat hom na Amon, die hoof van die stad, en na prins Joas toe. 27Sê vir hulle om hom in die tronk te gooi. Sê ook hulle moet hom min brood en net ’n bietjie water gee. Hy moet daar bly totdat ek veilig van Ramot af teruggekom het.”
28Maar Miga het gesê: “U Majesteit, as u veilig van Ramot af terugkom, het die Here werklik nie deur my gepraat nie.” Miga het na die skare gekyk en gesê: “Julle moet luister na wat ek vandag vir julle sê.”
Agab sterf
29Agab, die koning van Israel, en Josafat, die koning van Juda, is toe saam weg na Ramot in Gilead. 30Op pad het Agab vir Josafat gesê: “Jy kan maar jou koningsgewaad aanhou, maar ek gaan my vermom voor die geveg begin.” Agab het hom vermom en die geveg om Ramot het begin.
31Die koning van die Arameërs het 32 strydwaens gehad. Hy het elke drywer beveel om die koning van Israel te soek en uit te wis. 32Skielik het die drywers vir Josafat met sy koningsklere gesien en het gemeen dit is Agab. Hulle het op hom afgepyl, maar Josafat het geskree dat hy nie Agab is nie. 33Toe die drywers van die strydwaens sien dat hy nie Agab is nie, het hulle hom gelos.
34Een van die Aramese soldate het heel toevallig ’n pyl in die lug geskiet. Dit het vir Agab getref en deur ’n swak plek in sy harnas gedring. Benoud het Agab vir sy wadrywer gesê: “Ek is gewond. Draai om en kry my vinnig hier weg.”
35Die geveg was so hewig dat die drywer hom nie kon wegkry nie. Agab moes die hele dag in die wa bly staan en teen die Arameërs veg. Die wa was naderhand vol bloed en teen die aand is hy dood.
36Die son was al amper onder toe Israel se manne beveel is: “Elkeen moet na sy eie dorp en stad teruggaan. Die oorlog is verby, want die koning is dood.”
37Agab se liggaam is Samaria toe geneem en hy is daar begrawe. 38By die fontein van Samaria waar die straatvroue hulle altyd gewas het, het hulle Agab se bebloede wa afgespoel. Die honde het sy bloed daar opgelek. Dit het presies gebeur soos die Here gesê het.
39Alles wat Agab gedoen het, soos die huis met ivoorinlegwerk en al die stede wat hy gebou het, is in die boek Die lewe en werk van al Israel se konings beskryf. 40Na Agab se dood het sy seun Ahasia hom opgevolg.
Koning Josafat van Juda
41Josafat die seun van Asa het in die vierde jaar van Agab se koningskap die koning van Juda geword. 42Hy was 35 jaar toe hy koning geword het. Hy het 25 jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Asuba, ’n dogter van Silgi. 43Josafat was ook, net soos sy pa, Asa, lief vir die Here en het die regte dinge gedoen. 44Hy kon egter nie die hoogtes afgeskaf kry waar die mense ander gode gedien het nie. Die volk het lustig voortgegaan om hulle offers op die hoogtes te slag en wierook daar te verbrand. 45Josafat het gesorg dat die verhouding met die koning van Israel goed is.
46Alles wat Josafat gedoen het, soos sy dapperheid en militêre oorwinnings, is in die boek Die lewe en werk van al Juda se konings beskryf. 47Verder het hy ook nog al die manlike prostitute wat sedert sy pa, Asa, se tyd oorgebly het uit die land weggejaag. 48In Edom was daar geen koning nie. Daarom het die koning van Juda ’n goewerneur aangestel om oor Edom te regeer. 49Josafat het ook groot skepe gebou om goud in Ofir te gaan haal. Daar het egter niks van gekom nie, want al die skepe is in Esjon-Geber in ’n storm vernietig. 50Koning Ahasia van Israel het vir Josafat gesê: “My mense moet eintlik saam met jou mense op die skepe vaar.”
Josafat wou egter nie. 51Josafat is dood en in die grafte vir die konings in die Dawidstad begrawe. Sy seun Joram het hom opgevolg.
Ahasia, koning van Israel
52In die sewentiende jaar van koning Josafat van Juda se regering het Ahasia die seun van Agab koning van Israel geword. Hy het twee jaar lank in Samaria regeer. 53Ahasia het net verkeerde dinge gedoen. Hy het gemaak soos sy pa, Agab, sy ma, Isebel, en Jerobeam, wat Israel verskriklike dinge laat doen het. 54Hy het Baäl gedien en aanbid. Soos sy pa het hy ook die Here met sy afgode verneder.
Currently Selected:
1 Konings 22: DB
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: