2 Kronieke 8
8
Salomo se projekte
1Na twintig jaar as koning het Salomo die groot bouwerk aan die Here se tempel en sy eie paleis voltooi. 2Hy het toe begin aandag gee aan die stede wat koning Hiram vir hom gegee het en hy het Israeliete in die stede gevestig. 3Ook in dié tyd het Salomo teen Hamat-Soba opgetrek en dit ingeneem. 4Hy het Tadmor in die woestyn opgebou, asook die voorraadstede in die omgewing van Hamat. 5Hy het die susterstede Bet-Goron-Bo en Bet-Goron-Onder versterk, hulle stadsmure opgebou en die stadspoorte met sluitbalke versterk. 6Hy het ook Baälat en sy voorraadstede versterk, asook die stede waar die strydwaens en die perderuiters gestasioneer was. Verder het hy alles aangepak wat hy graag wou doen in Jerusalem, die Libanon en in die res van die gebied onder sy beheer.
7Salomo het al die mense wat nie Israeliete was nie, soos die Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, 8maar wat in die land oorgebly het, vir dwangarbeid opgeroep. Dit is vandag nog die geval. 9Hy het egter nie dwangarbeid op die Israeliete afgedwing nie. Hy het hulle gebruik as soldate, as offisiere in die leër en as bevelvoerders en bemanning van sy strydwaens. 10Koning Salomo het 250 van hulle aangestel as toesighouers oor sy projekte.
11Salomo het sy vrou, wat ’n dogter van die farao was, uit die Stad van Dawid verskuif na die nuwe paleis wat hy vir haar gebou het. Hy het gesê: “My vrou moet nie in koning Dawid se paleis woon nie, want die ark van die Here was daar en daarom is dit heilig.”
12Daarna het Salomo offers vir die Here verbrand op die altaar van die Here wat hy net buite die pilaargang voor die tempel gebou het. 13Die offers het van dag tot dag gewissel, volgens die opdragte van Moses. Daar was ekstra offers op die sabbatte, op nuwemaansfeeste en by die drie jaarlikse feeste. Die drie was die fees van die ongesuurde brode, die fees van die weke en die huttefees.
14Hy het ook volgens die voorskrifte van Dawid die priesters se diensbeurte per afdeling gereël. Dit is ook vir die Leviete gedoen vir hulle beurte by die lofsang, hulle hulp aan die priesters soos dit daagliks nodig was en hulle diensbeurte as wagte by elke poort van die stad. Dit was ’n opdrag van Dawid, die man van God. 15Salomo het glad nie afgewyk van Dawid se voorskrifte oor die priesters, die Leviete of die skatkamers nie.
16Dit is hoe Salomo verseker het dat alle werk ten opsigte van die tempel van die Here voltooi is: van die dag toe die fondasies gelê is tot op die dag toe alles voltooi is.
17Later het Salomo na Esjon-Geber en Elat, albei hawens in Edom, aan die kus van die Rooisee, gegaan. 18Hiram het vir hom skepe gestuur, met ervare bemanning onder bevel van hulle eie offisiere uit Tirus. Hulle is saam met Salomo se mense Ofir toe om ’n vrag van omtrent vyftien en ’n half ton goud vir koning Salomo te gaan haal.
Currently Selected:
2 Kronieke 8: DB
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: