2 Samuel 11
11
Dawid en Batseba
1Die volgende lente, in die tyd wanneer die konings gewoonlik gaan oorlog maak, het Dawid sy eie soldate saam met Joab en al die manskappe van Israel gestuur om teen die Ammoniete te veg. Hulle het die Ammoniete kafgeloop en hulle in Rabba, hulle hoofstad vasgekeer. Dawid was nie by nie; hy het in Jerusalem agtergebly.
2Laat een middag, net na sy middagslapie, het hy op die dakstoep van die paleis rondgestap. Hy sien toe van die dak af ’n vrou wat besig is om te bad. Dit was ’n baie mooi vrou. 3Dawid het iemand gestuur om te gaan uitvind wie sy is. Die man kom sê toe vir hom: “Dit is Eliam se dogter Batseba; sy is getroud met Urija, ’n Hetiet.”
4Dawid het mense gestuur om haar te gaan haal, en toe sy by hom kom, het hy by haar geslaap. (Sy het haar juis gewas na haar menstruasie.) Na die tyd is sy weer terug huis toe. 5Die vrou het toe Dawid se baba verwag en vir hom laat weet: “Ek verwag jou kind.”
6Dawid het vir Joab laat weet: “Stuur Urija, die Hetiet, na my toe.”
Joab het Urija na Dawid toe gestuur. 7Toe hy by Dawid kom, vra Dawid vir hom hoe dit met Joab en die manskappe gaan en of dit goed gaan met die oorlog. 8Daarna sê Dawid vir hom: “Gaan nou na jou huis toe, dan ontspan jy lekker.”
Net na Urija uit die paleis is, het die koning vir hom ’n groot ete gestuur. 9Maar Urija het nie huis toe gegaan nie. Hy het by die koning se wagte by die paleis se deur gaan slaap. 10Dawid het gehoor Urija het nie by sy huis gaan slaap nie.
“Jy was dan so lank weg, hoekom het jy nie huis toe gegaan nie?” vra Dawid hom die volgende môre.
11Urija het geantwoord: “Hoe kan ek huis toe gaan om te gaan eet en drink en by my vrou te slaap as die ark van God en al die manne van Israel en Juda in tente bly, en Joab en die koning se eie soldate in die oop veld moet kamp? Ek sal dit so waar as u leef, nooit doen nie!”
12“Bly nog vandag en môre hier, dan sal ek jou terugstuur,” het Dawid vir hom gesê. Urija het toe vir nog twee dae in Jerusalem gebly. 13Dawid het hom uitgenooi om saam met hom te kom eet en drink en hom toe dronk gemaak. Daardie aand het Urija weer op dieselfde plek by die wagte van die koning gaan slaap. Hy wou glad nie huis toe gaan nie. 14Die volgende môre het Dawid vir Joab ’n brief geskryf wat hy saam met Urija gestuur het. 15In die brief het daar gestaan: “Sit vir Urija heel voor in die kwaaiste geveg. Los hom dan alleen sodat hulle hom kan bykom en hom doodmaak.”
16Joab het geweet waar die dapperste manne van die stad was. In die geveg om in die stad in te kom het hy toe vir Urija op daardie plek gesit. 17Die soldate van die stad het uitgekom om teen Joab te veg. Van Dawid se soldate is in die geveg dood. Urija, die Hetiet, was een van hulle.
18Joab het vir Dawid laat weet hoe dit gaan met die oorlog. 19Hy het vir die man wat die boodskap na Dawid moes neem, mooi gesê: “As jy vir die koning alles klaar vertel het van die geveg, 20sal hy dalk kwaad word en vir jou sê: ‘Maar hoekom het julle so naby die muur van die stad geveg? Het julle nie geweet hulle gaan julle bo van die muur af met goed bestook nie? 21Het julle vergeet wat met Abimelek, Jerubbeset se seun, by Tebes gebeur het? ’n Vrou het hom dan met ’n maalklip bo van die muur af doodgegooi! Hoekom het julle so naby die muur gekom?’ Dan moet jy maar net vir die koning sê: ‘Daardie soldaat van u, Urija, die Hetiet, is ook dood.’”
22Die man het na Dawid toe gegaan en alles oorvertel wat Joab gesê het. 23Hy het gesê: “Die manne van die stad was sterker as ons. Hulle het na ons toe uitgekom in die veld. Ons het hulle tot by die hekke van die stad teruggedryf, 24maar toe skiet hulle op ons bo van die muur af met pyl en boog. Van U Majesteit se soldate is daar dood. Urija, die Hetiet, is ook dood.”
25Dawid het vir die man gesê: “Gaan sê vir Joab hy moenie sleg voel daaroor nie. Mense gaan maar dood in ’n oorlog. Sê vir hom hy moet nog harder probeer en die stad met die grond gelyk maak. Sê vir hom hy moet dapper wees!”
26Toe Urija se vrou hoor haar man is dood, het sy ’n week lank by die huis gebly om te rou. 27Na die week verby is, het Dawid haar na die paleis toe laat bring. Hy is met haar getroud en toe die baba gebore is, was dit ’n seun.
Maar die Here het niks gehou van wat Dawid gedoen het nie.
Currently Selected:
2 Samuel 11: DB
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: