YouVersion Logo
Search Icon

Rigters 12:5-6

Rigters 12:5-6 DB

Die soldate van Gilead het al die driwwe van die Jordaanrivier beset om te keer dat die soldate van Efraim kon terugvlug. As daar dan ’n Efraimitiese vlugteling aankom en vra om deurgelaat te word, het hulle vir hom gevra: “Kom jy van Efraim af?” As die persoon dan sê: “Nee, beslis nie,” het hulle vir hom gevra om die woord “Sjibbolet” uit te spreek. Die mense van Efraim kon nie die woord reg uitspreek nie en het “Sibbolet” gesê. As hy dit dan verkeerd uitspreek, het hulle die persoon gevat en hom net daar in die Jordaanrivier doodgemaak. In hierdie tyd het hulle 42 000 soldate van Efraim doodgemaak.

Free Reading Plans and Devotionals related to Rigters 12:5-6