YouVersion Logo
Search Icon

Jeremia 45

45
’n Belofte vir Baruk
1Jeremia het ’n boodskap vir Baruk die seun van Nerija gegee. Dit was in die vierde jaar wat Jojakim, die seun van Josia, koning van Juda was. Dit was net nadat Baruk alles neergeskryf het wat Jeremia hom voorgesê het om te skryf. Hy het gesê: 2“Baruk, die Here wat die God van Israel is, sê: 3Jy het gesê: ‘Dit is klaarpraat met my! Ek kry alreeds so swaar en dan maak die Here my probleme net nog meer. Ek is al so moeg van my eie gesug en gekla, ek kan net nie rus kry nie.’
4“Baruk, dit is wat die Here sê: ‘Ek is nou besig om af te breek wat Ek self opgebou het. Ek gaan die mense van Juda uitroei soos Ek ’n boom uit die grond sal uittrek, wortel en al. So sal dit oor die hele land gaan. 5Het jy die ambisie om ver in die lewe te kom? Moet dit liewer nie hê nie, want Ek gaan die mense vreeslik slegte goed laat oorkom. Maar Ek sal jou lewe bewaar waar jy ook al is.’”

Currently Selected:

Jeremia 45: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in