Johannes 21
21
Jesus help sy volgelinge om baie vis te vang
1Daar was nog ’n geleentheid toe Jesus so saam met sy dissipels was. Dit was by die Meer van Tiberias (die ander naam is die See van Galilea). 2So het dit gebeur: ’n klompie van Jesus se getrouste volgelinge was bymekaar (dit was Simon Petrus, Tomas Tweeling, Natanael - hy het uit Kana in Galilea gekom - Sebedeus se seuns en nog twee ander). 3Petrus was lus om te gaan visvang. Die ander is toe saam met hom. Hulle is met ’n skuit die meer in. Daardie hele nag lank het hulle iets probeer kry, maar hulle het nie ’n enkele vis gevang nie.
4Toe die son begin kop uitsteek, staan Jesus daar op die wal. Die dissipels was natuurlik salig onbewus daarvan dat dit Jesus was. 5“En toe,” roep Jesus, “het julle enigiets gevang?”
“Nee wat,” roep hulle terug.
6“Gooi die net daar regs van die skuit uit. Daar is vis,” kom dit van Jesus se kant af. Hulle maak toe so. Die net was toe so vol vis dat hulle dit nie in die skuit kon kry nie. Dit was te swaar vir hulle. 7Die volgeling van wie Jesus baie gehou het, sê toe vir Petrus: “Jong, dit is die Here daardie.” Toe Petrus dit hoor, pluk hy gou al sy klere aan. Omdat hulle op die skuit gewerk het, het hy net die nodigste aangehad. Toe spring hy in die meer. Die ander het in die skuit gebly en wal toe gevaar met die vrag vis. 8Gelukkig was hulle nie so ver van die wal af nie, omtrent 100 tree.
9Toe hulle daar land, sien hulle dat daar alreeds ’n vuurtjie brand met vis wat daarop braai. En daar was ook brood. 10Jesus sê toe vir hulle: “Bring nog ’n bietjie van daardie vis wat julle gevang het.” 11Simon Petrus spring toe gou in en sleep die vrag vis op die land uit. Daar was 153 groot visse in die net. Al was daar so baie vis, het die net verbasend genoeg nie geskeur nie.
12“Kom, eet ’n stukkie ontbyt,” nooi Jesus hulle uit. Nie een van hulle het die moed gehad om te vra: “Wie is U?” nie. Dit was ook nie nodig om te vra nie. Hulle het geweet dit is die Here. 13Jesus gee toe vir elkeen van hulle brood en ’n stukkie vis. 14Dit was die derde keer dat Jesus so aan sy getroue volgelinge verskyn het nadat Hy uit die dood opgestaan het.
Petrus se verhouding met Jesus word reggemaak
15Na ete vra Jesus vir Petrus: “Simon, seun van Johannes, het jy My liewer as wat hierdie ander My het?”
“Ja, Here,” kom dit van Petrus. “U weet hoe toegewy en lojaal ek teenoor U is.”
“Kyk dan asseblief na my lammers,” vra Jesus toe.
16’n Tweede keer vra Jesus: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?”
“Ja, Here. U weet mos hoe lief ek U het,” sê Petrus weer.
“Pas dan asseblief my skape soos ’n herder op,” vra Jesus.
17’n Derde keer vra Jesus hom: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief? Kan Ek heeltemal op jou lojaliteit staatmaak?”
Petrus het hartseer geword omdat Jesus so aanhou. “Here,” sê hy toe, “U hoef nie eens te vra nie, want U weet alles; ook wat in my hart aangaan. U weet mos hoe lief ek vir U is.”
“Sorg dan vir my skape,” sê Jesus. “Ek wil vir jou iets belangriks sê. 18Toe jy jonk was, het jy self aangetrek en jy kon stap waar jy wou. Maar as die ouderdom jou inhaal, sal jy dit nie eens meer kan doen nie. Jy sal maar net jou hande vraend kan uitsteek. Ander sal dan kom en jou aantrek en jou dra waar jy nie wil wees nie.” 19(Daarmee het Jesus gesinspeel op die manier waarop Petrus sou sterf. Met sy dood sou hy in alle geval vir God eer.)
“Kom saam met My,” sê Jesus toe vir Petrus.
20Toe Petrus omkyk, sien hy die volgeling van wie Jesus baie gehou het, kom ook agter hulle aangestap. (Dit was die dissipel wat aan tafel vir Jesus gevra het wie Hom sou verraai.) 21Petrus sê toe vir Jesus: “En wat van hom, Here?”
22“Dit het eintlik niks met jou te doen nie, Petrus, selfs al sou Ek wou hê dat hy moes bly lewe tot Ek weer kom. Moenie jou oor sulke dinge bekommer nie. Sorg net dat jy by My bly!” sê Jesus. 23Dit is waar die storie begin het dat hierdie volgeling van Jesus nie sou doodgaan nie. Dit was egter nie wat Jesus bedoel het nie. Jesus het gesê as Hy dit sou wou hê, sou die man kon bly lewe tot Hy terugkom. En dit het niks met Petrus te doen nie.
24Hierdie volgeling is juis die een wat alles so deeglik neergeskryf het en met soveel oortuiging daaroor praat. Ons almal weet dat wat hy vir ons vertel die waarheid is.
25Jesus het ook nog baie ander dinge gedoen. As dit alles neergeskryf sou moes word, twyfel ek of daar genoeg plek in hierdie wêreld sou wees om al daardie boeke te bêre.
Currently Selected:
Johannes 21: DB
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: