Job 14
14
Die lewe is kort
1Job het nog verder gepraat en gesê: “’n Mens se lewe is kort en vol probleme. 2Jou lewe is soos ’n blom. Vir ’n kort rukkie is die blom pragtig, maar dit gaan gou dood. Dit is soos ’n wolk wat vir ’n klein rukkie ’n skaduwee gooi en dan skielik is dit weg. 3Dit is so ’n brose mens wat U dophou. U het my voor U gedaag om met my af te reken. 4Niemand kan iets wat skoon en sonder vlekke is, laat kom uit iets wat vuil is nie. 5U het besluit hoe lank ’n mens moet leef. U weet hoeveel maande ons het om te lewe. U sê waar die grens van ons lewens is en ons kry nie ’n minuut langer nie. 6Here, kyk ’n bietjie weg en laat my rus. Gee my kans om soos iemand wat vir ’n dag werk gekry het, my lewenstaak klaar te maak.
7“As ’n boom afgekap word, is die kans goed dat daar weer nuwe lote en takke uit die stomp sal groei. 8Dit is dalk so dat die boom se wortels al baie oud is. Dit kan ook wees dat die stomp al in die grond begin vrot het. 9Maar as daar water kom, kan dit weer soos ’n jong boom groei en nuwe takkies laat uitskiet.
10“As mense doodgaan, verloor hulle al hulle krag. As die mens sy laaste asem uitblaas, is dit verby. Waar is hulle dan? 11Water verdamp uit ’n meer. In droogtetye droog riviere op. 12Met mense gaan dit net so. Hulle gaan lê en staan net nooit weer op nie. Solank daar nog ’n hemel is, sal hulle nie weer wakker word nie. Hulle sal nie weer uit hulle slaap uit opstaan nie.”
13Job het vir die Here gesê: “Ek wens U wil my tussen die dooie mense wegsteek en my daar hou totdat U nie meer so kwaad is nie. Besluit vir hoe lank U van my wil vergeet. As hierdie tyd verby is, kan U dan weer van my onthou. 14Wanneer ’n mens doodgaan, is dit moontlik dat hy weer sal begin leef? As dit moontlik was, sou ek in my swaarkry kon vasbyt totdat ek weer ’n vry mens sou wees. 15Dan sou U na my roep en ek sou U antwoord. U sou weer verlang na my, ek vir wie U gemaak het. 16Dan sou U my fyn dopgehou het, maar nie om te kyk waar en wat ek verkeerd doen nie. 17U sou die verkeerde dinge wat ek gedoen het, in ’n sak sit. Daarna sou U die sak met al die verkeerde goed toebind.
18“Berge breek soms in stukke en verbrokkel. Rotse verskuif ook baiekeer wanneer hulle afrol. 19Water maak dat klippe verweer en stormwater spoel grond weg. Net so laat die Here mense se hoop verdwyn. Niks bly daarvan oor nie. 20U oorweldig mense en dan verdwyn hulle heeltemal van die toneel af. U verander hulle voorkoms en stuur hulle weg. 21Hulle weet nooit wat van hulle kinders gaan word nie. Hulle weet nie of hulle eendag beroemd sal wees en of dit sleg met hulle sal gaan nie. 22Hulle kan net die hele tyd aan hulle eie pyn en ellende dink.”
Currently Selected:
Job 14: DB
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: