Numeri 36
36
Reëls oor Selofgad se dogters wat grond geërf het
1Daar het ’n groep familiehoofde van die mense van Gilead, die seun van Magir uit die stam van Manasse, na Moses en die ander leiers van Israel toe gekom met ’n versoek. 2Hulle het die saak so gestel: “Toe die Here jou beveel het om die land onder die mense te verdeel deur lootjies te trek, het Hy mos ook vir jou gesê om vir Selofgad se dogters sy deel te gee. 3Maar nou is daar ’n probleem. Sê nou hulle trou met mans uit ander stamme van Israel. Dan beteken dit dat hierdie mans daardie grond kry. So word die ander stam se grond meer en ons s’n minder. 4En as die 50ste feesjaar aanbreek, word hierdie grond die permanente eiendom van daardie stam. So word ons wettige grond van ons af weggevat.”
5Daarom het die Here toe vir Moses gesê: “Wat die mense van die stam van Josef sê, is waar. 6Daarom is hierdie my beslissing: die dogters van Selofgad is vry om te trou met wie hulle wil, solank die persoon in hulle eie stam is. 7Die grond van een stam mag nie aan ’n ander stam oorgedra word nie. Dit bly die stam s’n vir altyd. 8Enige dogter wat grond van haar pa erf, mag slegs met iemand uit haar eie stam trou. Op dié manier sal die stam se grond in die stam bly sonder dat een stam iets van ’n ander stam kan vat. 9Elke stam moet die grond wat hy by die Here gekry het, goed oppas.”
10Selofgad se dogters het gedoen wat die Here gesê het. 11-12Al vyf van hulle, Magla, Tirsa, Gogla, Milka en Noa, het met mans uit hulle pa se stam, die stam van Manasse wat Josef se seun is, getrou sodat hulle grond in hulle pa se stam gebly het.
13Dit is die reëls wat die Here vir Moses gegee het om aan die Israeliete oor te dra daar op die vlakte van Moab langs die Jordaanrivier regoor Jerigo.
Currently Selected:
Numeri 36: DB
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: