Psalms 31
31
1Opgedra aan die musiekleier. ’n Dawidspsalm
2Here, by U kruip ek weg!
Moet my tog nooit in die steek laat nie.
Vat my moeilikheid weg van my. U is goed vir almal wat op U vertrou.
3Hoor as ek roep!
Dra my veilig deur my krisis!
Bewaar my as ek vra dat U my moet help.
Hou my styf vas in u hand. Ek kruip by U weg.
4By U skuil ek, en U beskerm my.
Omdat u Naam op die spel is, sal U my op die regte pad hou.
5U sal my red uit die kloue van my vyande.
U pas my veilig op as ek na U toe kom.
6Here, my God, ek stel my lewe in u hand.
U, Here, is die God wat getrou is om my te verlos.
7Daar is baie mense wat dooie gode aanbid.
Daardie gode beteken niks nie.
Met sulke mense wil ek niks te doen hê nie.
Maar aan die Here sal ek elke dag getrou bly.
8Ek is opgewonde oor u liefde, want U het my nie alleen gelos toe ek swaargekry het nie.
In my nood het U my gehelp. Want U het raakgesien toe ek in die moeilikheid was.
9U het my gered. U het gesorg dat ek nie ondergaan nie.
U het my nie aan die mense wat my haat, uitgelewer nie.
10Wees goed vir my, Here, want ek is diep in die moeilikheid.
Ek is doodmoeg van al die huil. Ek is totaal uitgeput.
11Ja, ek word al hoe maerder omdat ek my lê en bekommer.
Al die swaarkry maak my oud voor my tyd.
My moeilikheid laat my kragte afneem sodat ek so maer word.
12Daar is mense wat my tot ’n val wil bring.
Hulle sorg dat almal my uitlag.
Mense met wie ek bevriend was, wil niks met my te doen hê nie.
Elkeen wat naby my kom, spot met my.
Hulle vlug weg sodat hulle my nie hoef te sien nie.
13Mense maak of ek nie meer bestaan nie. Ek is soos ’n dooie wat besig is om te verrot.
14Ja, ek het gehoor hoe mense stories oor my loop en vertel.
Agteraf maak hulle planne om my dood te maak.
Hulle span saam teen my.
Hulle wil my doodmaak.
15Maar ek vertrou op U, Here.
Ek sê vir U dat U my God is.
16U beheer my lewe van begin tot end.
Red my van hulle wat niks vir my omgee nie.
17Help my, Here. Kyk na my kant toe. Wys vir my hoe groot u liefde vir my is.
18Moet my nie in die steek laat nie, Here, want ek bid dag en nag tot U.
Laat hulle wat weier om U te dien, sleg daarvan afkom.
Mag hulle van die aarde af verdwyn. Dan sal hulle stem stil word.
19Gee dat hulle wat loop en skinder, nooit weer praat nie.
Hulle sien neer op elkeen wat vir U lief is.
Hulle dink niks van u kinders nie.
Hulle is so vol van hulleself.
20Here, U is baie goed vir elkeen wat U dien.
U maak u hart oop vir mense wat vir U eerbied het.
U gee vir hulle meer as genoeg om van te leef.
Almal sien dit raak.
21U beskerm hulle teen almal wat slegte planne teen hulle uitdink.
U pas hulle op. Geen skinderstorie kan hulle seermaak nie.
22Julle moet die Here saam met my kom prys,
want Hy het my met sy groot liefde toegevou.
Hy beskerm my.
Op ’n wonderlike manier het Hy my opgepas toe ek in die moeilikheid was.
23Terwyl ek baie bang was, het ek gedink: U sien my nie meer raak nie. Ek gly uit u arms.
Maar U het my gehelp toe ek U gevra het om my nie alleen te los nie.
24Julle almal wat die Here se lieflingskinders is, wees elke dag lief vir Hom!
Die Here beskerm elkeen wat aan Hom getrou bly.
Maar Hy straf almal wat teen Hom in opstand kom.
25Hou moed! Wees sterk! Julle wat op die Here vertrou, moet nooit moedeloos word nie.
Currently Selected:
Psalms 31: DB
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: