YouVersion Logo
Search Icon

Openbaring 12:14-16

Openbaring 12:14-16 DB

God gee toe vir die vrou twee vlerke sodat sy soos ’n groot arend kon vlieg. Sy het toe die woestyn in gevlieg na die plek toe wat spesiaal vir haar reggemaak is. Daar is sy versorg met alles wat sy nodig gehad het so lank as wat sy dit nodig gehad het, en dit was nie te lank nie. Daar was sy buite die bereik van die duiwel. Toe maak die duiwel ’n ander plan. Hy laat uit sy mond ’n geweldige stroom water kom. Soos ’n bruisende rivier is hierdie water agter die vrou aan. Die draak het gehoop om so die vrou te verswelg. Maar die aarde was daar om haar te help. Die aarde het oopgeskeur en die water het in die skeur verdwyn.