1
GENESIS 17:1
Nuwe Lewende Vertaling
Toe Abram 99 jaar oud was, het die HERE weer aan hom verskyn en gesê: “Ek is God die Almagtige. Lewe in my teenwoordigheid en wees opreg.
Compara
Explorar GENESIS 17:1
2
GENESIS 17:5
Ek verander jou naam. Jy sal nie meer Abram genoem word nie, maar jy sal as Abraham bekend staan, want jy sal die voorvader wees van baie nasies.
Explorar GENESIS 17:5
3
GENESIS 17:7
“Ek sal my verbond tussen My en jou bevestig van geslag tot geslag. Dit sal vir altyd voortduur. Ek sal altyd jou God wees en ook die God van jou nageslag.
Explorar GENESIS 17:7
4
GENESIS 17:4
“Dit is my verbond wat Ek met jou sluit: Jy sal die voorsaat wees van baie nasies.
Explorar GENESIS 17:4
5
GENESIS 17:19
Maar God sê vir hom: “Nee, Sara, jou vrou, sal vir jou ’n kind in die wêreld bring. Jy sal hom Isak noem en dis met hóm en sý nageslag dat Ek my blywende verbond sal bevestig.
Explorar GENESIS 17:19
6
GENESIS 17:8
Hierdie hele land Kanaän waar jy nou bly, gee Ek vir jou en jou nageslag, vir altyd. En Ek sal hulle God wees.”
Explorar GENESIS 17:8
7
GENESIS 17:17
Toe het Abraham tot op die grond neergebuig en by homself gelag. “Hoe kan ek op 100 jaar pa word?” het hy gewonder. “Daarby is Sara nou 90 jaar. Hoe kan sy geboorte gee?”
Explorar GENESIS 17:17
8
GENESIS 17:15
Verder sê God: “Jou vrou Sarai sal nie meer so genoem word nie. Van nou af sal haar naam Sara wees.
Explorar GENESIS 17:15
9
GENESIS 17:11
Julle moet aan die voorhuid besny word. Dit is die teken van die verbond tussen My en julle.
Explorar GENESIS 17:11
10
GENESIS 17:21
Maar my verbond is met Isak wat Sara ongeveer hierdie tyd volgende jaar vir jou in die wêreld sal bring.”
Explorar GENESIS 17:21
11
GENESIS 17:12-13
Elke seun moet op die agtste dag na geboorte besny word. Dit geld nie net jou familie nie, maar ook alle slawe wat in jou huishouding gebore word en dié wat as slawe gekoop word. Almal moet besny word. So sal julle aan julle liggame die teken dra van my ewigdurende verbond.
Explorar GENESIS 17:12-13
Inici
La Bíblia
Plans
Vídeos