1
GENESIS 32:28
Nuwe Lewende Vertaling
“Jou naam sal nie meer Jakob wees nie,” sê die man vir hom. “Van nou af is dit Israel, want jy het met God en mens geworstel en nie kopgegee nie.”
Compara
Explorar GENESIS 32:28
2
GENESIS 32:26
Toe sê die man: “Los my nou, die dag begin al breek.” Uitasem sê Jakob: “Ek sal jou net laat gaan as jy my seën.”
Explorar GENESIS 32:26
3
GENESIS 32:24
Hy het daar alleen agtergebly. ’n Man het gekom en met hom gestoei tot dagbreek toe.
Explorar GENESIS 32:24
4
GENESIS 32:30
Jakob het die plek Pniël genoem, want hy het gesê: “Ek het God in die gesig gekyk. Tog is my lewe gespaar.”
Explorar GENESIS 32:30
5
GENESIS 32:25
Toe die man sien dat hy hom nie kon onderkry nie het hy Jakob op sy heup geslaan sodat dit uit die potjie spring.
Explorar GENESIS 32:25
6
GENESIS 32:27
“Wat is jou naam?” vra die man. Hy antwoord: “Jakob.”
Explorar GENESIS 32:27
7
GENESIS 32:29
“Wat is jóú naam dan?” vra Jakob hom. “Hoekom vra jy wat my naam is?” antwoord die man. Toe seën hy Jakob net daar.
Explorar GENESIS 32:29
8
GENESIS 32:10
Ek is nie al die gunste wat U vir u dienaar gedoen het, werd nie. Toe ek destyds oor die Jordaan gegaan het, het ek net ’n stapstok besit. Nou het ek hierdie twee groepe mense!
Explorar GENESIS 32:10
9
GENESIS 32:32
Dis waarom die Israeliete tot vandag toe nie die heupsening eet nie. Dit is ter herinnering aan wat daardie nag gebeur het.
Explorar GENESIS 32:32
10
GENESIS 32:9
Toe bid Jakob: “God van my oupa Abraham en my pa, Isak! HERE, U het gesê ek moet teruggaan na my land en my familie toe. U het belowe dat U vir my goed sal wees.
Explorar GENESIS 32:9
11
GENESIS 32:11
HERE, red my tog asseblief uit die hand van my broer Esau. Ek is bang dat hy kom om my, my vroue en my kinders dood te maak.
Explorar GENESIS 32:11
Inici
La Bíblia
Plans
Vídeos