1
GENESIS 3:6
Nuwe Lewende Vertaling
Dit het die vrou oortuig. Wanneer sy na die boom kyk, lyk die vrugte mooi en aanloklik, geskik om ’n mens verstandig en slim te maak. Sy pluk ’n vrug van die boom, eet daarvan en gee vir haar man by haar; en hy het ook geëet.
Σύγκριση
Διαβάστε GENESIS 3:6
2
GENESIS 3:1
Die slang was listiger as al die diere wat die HERE God gemaak het. “Is dit regtig so?” vra hy vir die vrou. “Het God regtig gesê julle mag niks van die vrugte in die tuin eet nie?”
Διαβάστε GENESIS 3:1
3
GENESIS 3:15
Van nou af sal jy en die vrou vyande wees. Dit geld ook vir jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop inslaan en jy sal hom noodlottig aan die hakskeen byt.”
Διαβάστε GENESIS 3:15
4
GENESIS 3:16
Vir die vrou sê Hy: “Ek sal jou swangerskap moeilik maak; met pyn en lyding sal jy kinders in die wêreld bring. Jou begeerte sal na jou man wees, maar hy sal oor jou heers.”
Διαβάστε GENESIS 3:16
5
GENESIS 3:19
Jou hele lewe lank, tot die einde van jou dae, sal jy met moeite werk om iets te hê om te eet. Aan die einde van jou lewe sal jy weer terugkeer na die grond waaruit jy geneem is. Want jy is van stof gemaak en jy sal weer stof word.”
Διαβάστε GENESIS 3:19
6
GENESIS 3:17
Vir die mens sê Hy: “Jy het jou deur jou vrou laat ompraat en van die vrugte geëet wat Ek jou verbied het om te doen. Daarom vervloek Ek die grond. Jou hele lewe lank sal jy met swaarkry sukkel om ’n bestaan daaruit te maak.
Διαβάστε GENESIS 3:17
7
GENESIS 3:11
“Wie het vir jou gesê dat jy sonder klere is?” vra die HERE God. “Het jy dan van die boom geëet wat Ek jou beveel het om nie te eet nie?”
Διαβάστε GENESIS 3:11
8
GENESIS 3:24
Nadat die HERE God hulle uit die tuin verban het, het Hy gerubs oos van Eden aangestel om met ’n vlammende swaard, wat heen en weer beweeg, die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.
Διαβάστε GENESIS 3:24
9
GENESIS 3:20
Die mens het sy vrou Eva genoem omdat sy die moeder sou word van alle mense op die hele aarde.
Διαβάστε GENESIS 3:20
Αρχική
Αγία Γραφή
Σχέδια
Βίντεο