1
Johannes 13:34-35
Die Bybel 2020-vertaling
Ek gee julle 'n nuwe gebod: Julle moet mekaar liefhê. Net soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Dit is hoe almal sal weet dat julle my dissipels is – as julle liefde teenoor mekaar het.”
Σύγκριση
Διαβάστε Johannes 13:34-35
2
Johannes 13:14-15
As Ek, julle Here en Leermeester, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het immers vir julle 'n voorbeeld gegee sodat julle ook kan maak soos wat Ek gemaak het.
Διαβάστε Johannes 13:14-15
3
Johannes 13:7
Jesus het hom geantwoord: “Wat Ek doen, verstaan jy nie nou nie, maar hierna sal jy verstaan. ”
Διαβάστε Johannes 13:7
4
Johannes 13:16
Amen, amen, Ek sê vir julle: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en 'n gesant nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie.
Διαβάστε Johannes 13:16
5
Johannes 13:17
As julle dit begryp, gelukkig is julle as julle dit doen.
Διαβάστε Johannes 13:17
6
Johannes 13:4-5
Daarom het Hy van die ete opgestaan, sy boklere uitgetrek, 'n linnedoek geneem en dit om Hom vasgebind. Toe gooi Hy water in die waskom en begin om die voete van die dissipels te was en dit met die linnedoek wat om Hom gebind was, af te droog.
Διαβάστε Johannes 13:4-5
Αρχική
Αγία Γραφή
Σχέδια
Βίντεο