聖書アプリのロゴ
検索アイコン

JESAJA 20

20
God voorspel aan die Egiptenaars en Kusiete deur 'n uitwendige teken hulle val.
1IN die jaar toe die tartan na Asdod gekom het, toe Sargon, die koning van Assirië, hom gestuur het, en hy teen Asdod geveg en dit ingeneem het;
2in dié tyd het die Here deur die diens van Jesaja, die seun van Amos, gespreek en gesê: Gaan gord die haarmantel van jou heupe af los, en trek jou skoene van jou voete af. Hy het toe so gedoen en naak en kaalvoet geloop.
3Daarop het die Here gesê: Soos my kneg Jesaja naak en kaalvoet geloop het, drie jaar lank, as teken en sinnebeeld met betrekking tot Egipte en Kus,
4so sal die koning van Assirië die gevangenes van Egipte en die ballinge van Kus wegdrywe, jonk en oud, naak en kaalvoet en ontbloot aan die agterdele — 'n smaad vir Egipte.
5En hulle sal verslae wees en beskaamd staan vanweë Kus, hulle toeverlaat, en vanweë Egipte, hulle trots.
6En die inwoners van hierdie kusland sal in dié dag sê: Kyk, só gaan dit met ons toeverlaat waarheen ons gevlug het om hulp, om gered te word van die koning van Assirië — hoe sal óns dan ontvlug?

選択箇所:

JESAJA 20: AFR53

ハイライト

コピー

比較

シェア

None

すべてのデバイスで、ハイライト箇所を保存したいですか? サインアップまたはサインインしてください。