โลโก้แอพพระคัมภีร์
ไอคอนค้นหา

PSALMS 6

6
'n Boetpsalm in groot benoudheid.
1VIR die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. 'n Psalm van Dawid.
2 o Here, straf my nie in u toorn nie, en kasty my nie in u grimmigheid nie.
3Wees my genadig, Here, want ek is verswak; maak my gesond, Here, want my gebeente is verskrik.
4Ja, my siel is baie verskrik; en U, Here, tot hoe lank?
5 Keer terug, Here, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.
6 Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?
7Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane.
8 My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders.
9 Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die Here het die stem van my geween gehoor.
10Die Here het my smeking gehoor; die Here neem my gebed aan.
11Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in 'n oomblik beskaamd omdraai.

ที่ได้เลือกล่าสุด:

PSALMS 6: AFR53

เน้นข้อความ

คัดลอก

เปรียบเทียบ

แบ่งปัน

None

ต้องการเน้นข้อความที่บันทึกไว้ตลอดทั้งอุปกรณ์ของคุณหรือไม่? ลงทะเบียน หรือลงชื่อเข้าใช้