PSALMS 76
76
God die Regter en Redder.
1VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.
2 God is bekend in Juda, sy Naam is groot in Israel.
3Ook het in Salem sy tent verrys en in Sion sy woning.
4Daar het Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog. Sela.
5Glansryk is U, heerlik van die roofberge af!
6Geplunder is die sterkes van hart; hulle het hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie.
7Deur u dreiging, o God van Jakob, het strydwa en perd saam bedwelmd geraak.
8U, vreeslik is U, en wie kan voor u aangesig bestaan as u toorn uitgebreek het?
9Uit die hemel het U 'n oordeel laat hoor; die aarde het gevrees en stil geword,
10toe God opgestaan het vir die gerig, om al die ootmoediges van die land te verlos. Sela.
11 Want die grimmigheid van die mens moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself.
12 Doen geloftes en betaal dié aan die Here julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die Vreeslike,
13wat die trots van die vorste wegsny, vreeslik is vir die konings van die aarde.
Поточний вибір:
PSALMS 76: AFR53
Позначайте
Копіювати
Порівняти
Поділитись
Хочете, щоб ваші позначення зберігалися на всіх ваших пристроях? Зареєструйтеся або увійдіть
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.