Biểu tượng Ứng dụng Kinh Thánh
Biểu tượng Tìm kiếm

PSALMS 3

3
'n Môrelied.
1 'n PSALM van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.
2 o Here, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.
3Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.
4Maar U, Here, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.
5Luid roep ek die Here aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.
6Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die Here ondersteun my.
7 Ek sal nie vrees vir tienduisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.
8Staan op, Here; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.
9 Die heil behoort aan die Here; laat u seën wees oor u volk! Sela.

Đang chọn:

PSALMS 3: AFR53

Tô màu

Sao chép

So sánh

Chia sẻ

None

Bạn muốn lưu những tô màu trên tất cả các thiết bị của mình? Đăng ký hoặc đăng nhập