1
NUMERI 13:30
Nuwe Lewende Vertaling
Kaleb het egter die volk probeer gerusstel. Hy het gesê: “Laat ons optrek en die land gaan oorneem. Ons is daartoe in staat.”
Compare
Explore NUMERI 13:30
2
NUMERI 13:33
Ons het Enak se nageslag daar gesien. Hulle is reuse. Ons het voor hulle soos sprinkane gelyk.”
Explore NUMERI 13:33
3
NUMERI 13:31
Die ander mans wat saam met hom gegaan het, het egter gesê: “Ons durf nie teen hulle optrek nie. Hulle is sterker as ons.”
Explore NUMERI 13:31
4
NUMERI 13:32
Hulle het toe ’n gerug begin versprei oor die land wat hulle gaan verken het: “Die land waarna ons gaan kyk het, is ’n land wat sy inwoners opeis. Al die volke wat ons daarin gesien het, is besonder groot mense.
Explore NUMERI 13:32
5
NUMERI 13:27
Die mans het aan Moses gerapporteer: “Ons het na die land gaan kyk waarheen jy ons gestuur het. Dit is ’n baie vrugbare land. Hier is van sy vrugte.
Explore NUMERI 13:27
6
NUMERI 13:28
Die mense wat in die land woon, is egter baie sterk. Hulle het groot stede met verdedigingsmure om. Ons het ook Enak se nageslag daar gesien.
Explore NUMERI 13:28
7
NUMERI 13:29
Die Amalekiete bly in die Negevwoestyn. Die Hetiete, Jebusiete en Amoriete bly in die heuwelgebied. Die Kanaäniete woon langs die Middellandse See en in die Jordaanvallei.”
Explore NUMERI 13:29
8
NUMERI 13:26
Hulle het by Moses, Aäron en die Israeliete aangekom waar hulle by Kades in die Paranwoestyn staan. Hulle het aan die Israeliete verslag gedoen en vir hulle die vrugte gewys wat hulle saamgebring het.
Explore NUMERI 13:26
Home
Bible
Plans
Videos