1
NUMERI 14:9
Nuwe Lewende Vertaling
Moenie teen die HERE in opstand kom nie! Moenie bang wees vir die mense van die land nie. Hulle is ons slagoffers. Hulle het geen beskerming nie. Die HERE is met ons. Moenie bang wees nie!”
Compare
Explore NUMERI 14:9
2
NUMERI 14:18
‘Die HERE word nie gou kwaad nie. Sy liefde kan sonde en oortreding verdra. Hy laat sonde egter nie ongestraf bly nie. Hy hou dit wat die ouers verkeerd gedoen het nog teen die derde en vierde geslag daarna.’
Explore NUMERI 14:18
3
NUMERI 14:8
As die HERE ons liefhet, sal Hy ons in die land laat kom en dit vir ons gee. Dit is ’n baie vrugbare land.
Explore NUMERI 14:8
4
NUMERI 14:24
My dienaar Kaleb het egter ’n ander gesindheid teenoor My gewys. Hy het by My bly staan. Ek sal hom in die land laat kom wat hy gaan verken het. Sy nageslag sal die land besit.
Explore NUMERI 14:24
5
NUMERI 14:28
Sê vir hulle: ‘So waar as Ek leef, sê die HERE, Ek gaan met julle alles laat gebeur waarvan julle My verdink het.
Explore NUMERI 14:28
6
NUMERI 14:11
Die HERE het vir Moses gesê: “Hoe lank gaan hierdie volk nog aanhou om My te minag? Hoe lank gaan hulle bly weier om op My te vertrou, selfs al het Ek al die wonders tussen hulle laat gebeur?
Explore NUMERI 14:11
7
NUMERI 14:2
Al die Israeliete het by Moses en Aäron kom kla. Hulle het gesê: “As ons tog maar liewer in Egipte gesterf het, of selfs hier in die woestyn!
Explore NUMERI 14:2
8
NUMERI 14:6-7
Josua, seun van Nun, en Kaleb, seun van Jefunne, wat saam die land gaan verken het, het hulle klere geskeur. Hulle het vir die gemeenskap van die Israeliete gesê: “Die land wat ons gaan verken het, is ’n besondere mooi land.
Explore NUMERI 14:6-7
9
NUMERI 14:21-23
Maar so seker as wat Ek leef en die aarde vol is van die HERE se groot mag, nie een van hierdie mans wat gesien het hoe groot Ek is en watter wondertekens Ek in Egipte en die woestyn gedoen het en wat My herhaaldelik getoets het deur nie na My te luister nie, nie een van hulle wat My verag het, sal in die land kom wat Ek aan hulle voorouers beloof het nie.
Explore NUMERI 14:21-23
Home
Bible
Plans
Videos