1
1 Samuel 17:45
Bybel vir almal
Dawid het vir die Filistyn gesê: “Jy kom na my toe met 'n swaard en met spiese, maar ek kom na jou toe omdat die Here my gestuur het, die Here wat oor alles regeer. Hy is die God van die manne van Israel. Jy het gesê hulle beteken niks.
Compare
Explore 1 Samuel 17:45
2
1 Samuel 17:47
Almal wat hier bymekaar is, sal weet dat dit die Hére is wat mense red. Hy gebruik nie swaarde en spiese wanneer Hy hulle red nie. Dit is Hý wat besluit wat gebeur in 'n oorlog en Hy sal ons laat wen teen julle.”
Explore 1 Samuel 17:47
3
1 Samuel 17:37
Dawid het gesê: “Die Here wat my gered het van leeus en bere, dit is Hy wat my sal red van hierdie Filistyn.” Saul het vir Dawid gesê: “Goed, jy mag gaan. Ek bid dat die Here jou sal help.”
Explore 1 Samuel 17:37
4
1 Samuel 17:46
Vandag sal die Here my laat wen teen jou, en ek sal jou oorwin en jou kop afkap. Ek sal die dooie liggame van die Filistyne vir die voëls en die wilde diere gee. Al die mense op die aarde sal weet daar is 'n God in die land Israel.
Explore 1 Samuel 17:46
5
1 Samuel 17:40
Hy het sy kierie geneem en hy het vyf gladde klippe in die sloot gaan soek. Hy het dit in sy skaapwagter-sak gesit. Toe het hy nader gegaan na die Filistyn toe en hy het sy slingervel in sy hand vasgehou.
Explore 1 Samuel 17:40
6
1 Samuel 17:32
Dawid het vir Saul gesê: “Niemand moet bang wees vir hierdie Filistyn nie. Ek sal teen hom gaan veg.”
Explore 1 Samuel 17:32
Home
Bible
Plans
Videos