hulle het gelag en gesing en hulle het gesê:
“Saul het duisende manne
oorwin,
maar Dawid het tienduisende
oorwin.”
Saul het baie kwaad geword, hy het niks daarvan gehou nie. Hy het gesê: “Hulle sê Dawid het tienduisende manne oorwin, maar ek het net duisende oorwin. As hulle so aanhou praat, dan sal hy die koning word in my plek.”