1
Johannes 13:34-35
Bybel vir almal
Ek gee nou vir julle 'n nuwe wet: Julle moet lief wees vir mekaar. Julle het gesien hoe lief Ek vir julle is. Daarom moet julle ook so lief wees vir mekaar. As julle lief is vir mekaar, dan sal al die mense weet julle is my dissipels.”
Compare
Explore Johannes 13:34-35
2
Johannes 13:14-15
Ek is julle Here en julle Meneer, maar Ek het julle voete gewas. Daarom moet julle ook mekaar se voete was. Ek is vir julle 'n voorbeeld. Julle moet ook doen wat Ek vir julle gedoen het.
Explore Johannes 13:14-15
3
Johannes 13:7
Jesus het vir Petrus gesê: “Jy verstaan nie nou wat Ek doen nie, maar jy sal later verstaan.”
Explore Johannes 13:7
4
Johannes 13:16
Ek sê vir julle, en dit is seker: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. 'n Boodskapper is ook nie belangriker as die man wat hom gestuur het nie.
Explore Johannes 13:16
5
Johannes 13:17
Julle het nou gehoor wat Ek sê. As julle dit doen, dan sal julle gelukkig wees.
Explore Johannes 13:17
6
Johannes 13:4-5
Daarom het Jesus opgestaan van die tafel. Hy het sy bo-kleed uitgetrek en Hy het 'n doek vasgemaak om sy lyf. Slawe het dit altyd gedoen wanneer hulle mense bedien het. Toe gooi Jesus water in 'n bak. Hy het begin om die dissipels se voete te was. Hy het ook hulle voete afgedroog met die doek wat om sy lyf was.
Explore Johannes 13:4-5
Home
Bible
Plans
Videos