1
Johannes 14:27
Bybel vir almal
Nou gaan Ek weg en Ek laat vrede by julle bly. Ja, Ek gee my vrede vir julle. Maar Ek gee nie vrede soos die mense van die wêreld vrede gee nie. Julle moenie bang en ontsteld wees nie.
Compare
Explore Johannes 14:27
2
Johannes 14:6
Jesus sê toe vir Tomas: “Ek is die pad, Ek is die waarheid, Ek is die lewe. Niemand kan by die Vader kom as hy nie in My glo nie.
Explore Johannes 14:6
3
Johannes 14:1
Jesus het ook vir die dissipels gesê: “Julle moenie bekommerd wees nie! Julle moet in God glo en julle moet in My glo.
Explore Johannes 14:1
4
Johannes 14:26
Later, wanneer Ek weggegaan het, sal die Vader vir julle 'n Helper stuur om by julle te wees omdat Ek nie meer by julle is nie. Die Helper is die Heilige Gees. Hy sal vir julle alles leer. Ja, Hy sal julle laat onthou wat Ek vir julle gesê het.
Explore Johannes 14:26
5
Johannes 14:21
As julle weet wat Ek wil hê julle moet doen, en julle doen dit, dan wys julle dat julle lief is vir My. As julle lief is vir My, dan sal my Vader ook lief wees vir julle. Dan sal Ek ook lief wees vir julle en Ek sal vir julle wys wie Ek is.”
Explore Johannes 14:21
6
Johannes 14:16-17
Ek sal vir die Vader vra en Hy sal vir julle 'n ander Helper gee. Die Helper is die Heilige Gees. Die Gees sal altyd by julle bly. Hy is die Gees wat vir julle sal wys wat die waarheid is. Die mense wat aan die wêreld behoort, kan die Gees nie ontvang nie, want hulle sien Hom nie en hulle ken Hom nie. Maar julle ken die Heilige Gees, want Hy bly by julle en Hy is in julle.
Explore Johannes 14:16-17
7
Johannes 14:13-14
Wanneer julle vir My iets vra omdat julle aan My behoort, dan sal Ek dit doen. So sal Ek, die Seun, wys dat die Vader God is. Ja, as julle vir My iets vra omdat julle aan My behoort, dan sal Ek dit vir julle doen.”
Explore Johannes 14:13-14
8
Johannes 14:15
Jesus het ook vir die dissipels gesê: “As julle lief is vir My, dan sal julle doen wat Ek vir julle sê.
Explore Johannes 14:15
9
Johannes 14:2
Daar is baie plek om te woon in my Vader se huis. Ek praat die waarheid wanneer Ek sê Ek gaan na my Vader se huis om julle plek gereed te maak.
Explore Johannes 14:2
10
Johannes 14:3
Wanneer Ek gegaan het en julle plekke gereedgemaak het, dan sal Ek terugkom. Dan sal Ek julle saam met My neem sodat julle kan wees waar Ek is.
Explore Johannes 14:3
11
Johannes 14:5
Tomas het vir Hom gesê: “Here, ons weet nie waarnatoe U gaan nie. Daarom ken ons ook nie die pad daarnatoe nie.”
Explore Johannes 14:5
Home
Bible
Plans
Videos