So sê die HERE: Laat die wyse nie roem in sy wysheid nie, en laat die sterke nie roem in sy sterkte nie, laat die ryk man nie roem in sy rykdom nie.
Maar laat hom wat roem, hom daarin beroem, dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, oordeel en geregtigheid op die aarde doen; want hierin het Ek 'n welbehae, spreek die HERE.