1
SPREUKE 3:5-6
Afrikaans 1933/1953
Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
Compare
Explore SPREUKE 3:5-6
2
SPREUKE 3:7
Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad
Explore SPREUKE 3:7
3
SPREUKE 3:9-10
Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste; dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.
Explore SPREUKE 3:9-10
4
SPREUKE 3:3
Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart
Explore SPREUKE 3:3
5
SPREUKE 3:11-12
My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie, want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.
Explore SPREUKE 3:11-12
6
SPREUKE 3:1-2
MY seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar; want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
Explore SPREUKE 3:1-2
7
SPREUKE 3:13-15
Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry; want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud; dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.
Explore SPREUKE 3:13-15
8
SPREUKE 3:27
Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.
Explore SPREUKE 3:27
9
SPREUKE 3:19
Die HERE het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel
Explore SPREUKE 3:19
Home
Bible
Plans
Videos