2 TIMOTEUS 4
4
1Ek wil jou dus ernstig aanspoor voor God en voor Christus Jesus, wat die lewendes en dooies gaan oordeel wanneer Hy verskyn om sy koningsheerskappy te vestig: 2Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, aanspreek en bemoedig terwyl jy hulle geduldig onderrig.
3Want daar kom ’n tyd wanneer mense nie meer na gesonde onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle graag wil hoor. 4Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg.
5Maar jy moet in elke situasie jou teenwoordigheid van gees behou. Moenie bang wees om vir die Here te ly nie. Vervul jou taak as evangelis. Voltooi die bediening wat God jou gegee het.
’n Paar persoonlike slotwoorde
6Wat my betref, word my lewe alreeds uitgegiet as ’n offer#4:6 Grondteks drankoffer. In die Joodse offerkultus is wyn dikwels as deel van die offerhandeling uitgegiet; vgl Eks 29:40-41; Lev 23:13, 18, 37; Num 15:5, 7, 10, 24. aan God. Die tyd van my dood is op hande. 7Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly. 8En nou wag die prys vir my: die lourierkrans vir ’n lewe in gehoorsaamheid wat die Here, die regverdige Beoordelaar, my sal gee op die groot dag van sy terugkeer. En dié prys is nie net vir my nie, maar vir almal wat gretig uitsien na sy heerlike verskyning.
9Doen jou bes om so gou moontlik na my toe te kom. 10Demas het my verlaat omdat hy verlief geraak het op die dinge van hierdie lewe en toe na Tessalonika vertrek het. Kressens is weg na Galasië en Titus na Dalmasië. 11Net Lukas is by my. Gaan haal vir Markus en bring hom saam met jou wanneer jy kom, want hy kan my behulpsaam wees. 12Ek het Tigikus na Efese toe gestuur. 13Wanneer jy kom, onthou om die bokleed wat ek by Karpus in Troas agtergelaat het, saam te bring. Bring ook my boeke, en veral my perkamente.
14Aleksander die kopersmid het my baie skade aangedoen, maar die Here sal hom oordeel vir wat hy gedoen het. 15Wees versigtig vir hom, want hy het alles teengestaan wat ons gesê het.
16Toe ek die eerste keer voor die regter gebring is, was daar niemand by my nie. Almal het my verlaat. Ek hoop nie dit sal teen hulle tel nie! 17Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee om die Goeie Nuus in al sy volheid te verkondig sodat al die nie-Joodse nasies dit kan hoor. En Hy het my van ’n gewisse dood#4:17 Grondteks uit die bek van ’n leeu. gered.
18Ja, en die Here sal my verlos van enige kwaad en my veilig in sy hemelse koninkryk bring.
Aan God kom die heerlikheid toe, vir ewig en ewig. Amen.
Hartlike groete; Timoteus moet vóór die winter kom
19Groete aan Priscilla en Akwila en Onesiforus se gesin. 20Erastus het in Korinte agtergebly en Trofimus het ek siek in Milete agtergelaat.
21Doen jou bes om voor die winter te kom. Eubulus stuur vir jou groete, en so ook Pudens, Linus, Claudia en al die broers en susters#4:21 Grondteks broers..
22Mag die Here met jou gees wees. Mag God se genade#4:22 Grondteks Mag die onverdiende goedheid. met julle wees.
Currently Selected:
2 TIMOTEUS 4: NLV
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011