YouVersion Logo
Search Icon

JOB 13

13
Job praat met God
1“My oë het dit alles gesien,
en my ore het gehoor
en het dit verstaan.
2Ek weet net soveel as julle.
Julle is niks beter as ek nie.
3Hoe wens ek dat ek reguit
met die Almagtige
kon praat!
Ek wil my saak self
aan God gaan stel.
4Julle beswadder my met leuens.
Julle is niks anders
as kwaksalwers nie!
5Bly liewer stil!
Dis die slimste ding
wat julle kan doen!
6Luister na my klag.
Gee aandag aan my betoog.
7Verdedig julle God met leuens
en gebruik julle
oneerlike argumente
om sy ontwil?
8Is julle partydig vir Hom?
Wil julle God se saak verdedig?
9Wees versigtig
dat Hy nie uitvind
wat julle doen nie!
Dink julle dat julle
Hom kan bedrieg
soos ’n mens?
10Nee, julle sal by Hom
in die moeilikheid wees
as Hy uitvind
dat julle in hierdie hofsaak
kant kies.
11Vervul sy verhewe mag
julle nie met skrik nie?
Word julle nie aangegryp
deur vrees vir Hom nie?
12Die waarde van julle stellings
is soos as.
Julle verdediging
is so broos
soos ’n kleipot!
13“Bly nou stil en laat my alleen!
Laat my praat,
en ek sal die gevolge dra.
14Waarom sal ek my lewe waag
en sĂŞ wat ek dink?
15God kan my maar tref,
maar ek het
geen ander hoop nie.
Ek gaan my saak voor Hom stel.
16Maar dĂ­t is wat my sal red:
dat ek nie Godloos is nie.
As ek so was,
sou ek nie kon kom
in sy teenwoordigheid nie.
17Luister goed
na wat ek nou gaan sĂŞ,
en neem dit ter harte.
18Ek het my saak voorberei.
Ek sal my onskuld bewys.
19Wie kan hieroor met my stry?
As iemand my verkeerd
bewys,
sal ek swyg en sterf.
20O God! Daar is twee dinge
wat ek van U wil smeek,
dan sal ek voor U kan staan.
21Vat net u hand weg van my
en moet my nie verskrik
met u ontsagwekkende
teenwoordigheid nie.
22Ontbied my nou,
en ek sal antwoord!
Of laat my eerste praat
sodat U kan antwoord.
23SĂŞ vir my
wat ek verkeerd gedoen het.
Wys my my opstand
en my sonde.
24Waarom draai U weg van my?
Waarom beskou U my
as u vyand?
25Sou U ’n windverwaaide blaar
skrik maak,
of jaag agter ’n grasstoppel aan?
26U het bittere aanklagte
teen my gelĂŞ.
U skryf al die sondes op
vanaf my jeug.
27U sit my voete in ’n blok.
U let op al my paaie
en volg al my spore.
28“Ek droog weg
soos hout wat verrot,
soos ’n motgevrete kleed.”

Currently Selected:

JOB 13: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in