YouVersion Logo
Search Icon

SAGARIA 2

2
Die derde visioen: die man met die maatlyn
1Toe ek weer sien, was daar ’n man met ’n maatlyn in sy hand. 2“Waarheen is u op pad?” het ek gevra. Hy het geantwoord: “Ek gaan Jerusalem opmeet om te kyk wat sy lengte en breedte is.”
3Die engel by my het gegaan om ’n tweede engel wat na hom toe kom, te ontmoet. 4Die ander engel het gesê: “Maak gou en sê vir daardie jong man: ‘Jerusalem sal eendag so vol mense wees dat daar nie genoeg plek vir almal sal wees nie! Baie sal met hulle diere buite die stadsmure leef en tog veilig wees. 5Ek sal self ’n muur van vuur rondom Jerusalem wees, sê die Here. Ek sal die heerlikheid binne die stad wees!’”
Die ballinge word teruggeroep
6Die Here sê: “Kom weg! Vlug uit die noorde! Ek het julle oor die hele aarde verstrooi. 7Kom weg! Vlug na Jerusalem#2:7 Grondteks Sion., julle wat in Babilon in ballingskap was!”
8Na ’n tyd van eer het die Here, die Almagtige, my na die nasies wat jou verdruk het, gestuur. Hy het gesê: “Enigiemand wat julle seermaak, beseer my kosbaarste besitting#2:8 Of beseer die appel van my oog.. 9Ek sal my vuis oplig om hulle te vernietig en hulle eie slawe sal hulle plunder.” Dan sal julle weet dat die Here, die Almagtige, my gestuur het.
10Die Here sê: “Sing en juig, o Jerusalem#2:10 Grondteks dogter van Sion., want Ek kom tussen julle woon. 11Baie nasies sal hulle op daardie dag by die Here aansluit en hulle sal ook my volk wees. Ek sal tussen julle woon en julle sal weet dat die Here, die Almagtige, my na julle toe gestuur het. 12Die land van Juda sal die Here se erfdeel wees in die heilige land en Hy sal Jerusalem weer as sy eie stad kies. 13Wees stil voor die Here, mensdom, want Hy kom uit sy heilige woning.”

Currently Selected:

SAGARIA 2: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Video for SAGARIA 2