YouVersion Logo
Search Icon

Eksodus 27

27
Die brandoffer-altaar
1Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet 'n altaar maak van doringhout, vyf el lank en vyf el breed en drie el hoog. Die altaar moet vier hoeke hê, 2en daar moet horings wees op die vier hoeke. Die altaar en die horings moet vas aan mekaar wees. Julle moet dit met brons oortrek. 3Julle moet potte maak vir die as, en ook grawe, bakke, vurke en emmers vir die kole. Julle moet dit alles van brons maak. 4Julle moet tralies van brons rondom die altaar maak, en julle moet vier brons ringe daaraan vassit, 'n ring aan elke hoek. 5Die tralies moet so hoog wees soos die helfte van die altaar. 6Julle moet dra-pale maak van doringhout en julle moet die pale oortrek met brons. 7Dan moet julle die dra-pale deur die ringe steek sodat die pale langs twee kante van die altaar is. Dan kan julle die altaar dra. 8Julle moet die altaar van planke maak, dit moet soos 'n kas wees. Julle moet dit maak soos Ek vir jou op die berg gewys het.”
Die oop stuk grond rondom die tempel-tent
9-11Die Here het vir Moses gesê: “Daar moet 'n oop stuk grond rondom die tempel-tent wees. Julle moet dit toemaak met gordyne van goeie linne-materiaal. Die oop stuk grond moet 100 el lank en 50 el breed wees. Aan elke lang kant moet die gordyne hang aan 20 pale met 20 voetstukke van brons. Daar moet hake en ringe van silwer wees. 12By die westekant moet die gordyne 50 el breed wees, en daar moet tien pale en tien voetstukke wees. 13-15By die voorkant, die oostekant, moet die gordyne aan elke kant van die ingang 15 el breed wees, en daar moet drie pale en drie voetstukke wees. 16By die ingang moet daar 'n gordyn wees, 20 el lank. Julle moet die gordyn maak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hierdie gordyn moet hang aan vier pale op vier voetstukke. 17Julle moet al die pale en hulle hake van silwer maak, en die voetstukke van brons. 18Die oop stuk grond moet 100 el lank en 50 el breed wees, en die gordyne moet vyf el hoog wees. Julle moet die gordyne maak van goeie linne-materiaal en die voetstukke van brons. 19Julle moet al die gereedskap vir die werk in die tempel-tent en al die tentpenne van brons maak.”
Olyf-olie vir die lamp
20“Sê vir die Israeliete hulle moet vir jou skoon olyf-olie bring. Julle moet die olyf-olie in die lampe gooi, sodat daar altyd 'n lig is wat brand in die tempel-tent. 21Die kis waarin die tien gebooie moet kom, moet agter die gordyn wees, en die lampe moet voor die gordyn brand, in die tent waar Ek aan julle sal verskyn. Aäron en sy seuns moet die lampe altyd voor die Here laat brand, van die aand tot die volgende oggend. Die priesters moet die lampe altyd laat brand vir julle en julle nageslag.”

Currently Selected:

Eksodus 27: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in