YouVersion Logo
Search Icon

Hebreërs 3

3
Jesus is belangriker as Moses
1My vriende wat saam met my aan Christus behoort, God het vir julle ook gekies, en daarom moet julle onthou dat ons wat glo, sê dat Jesus ons Apostel en Hoëpriester is. 2Jesus het alles goed gedoen wat God gesê het Hy moet doen, soos Moses ook alles goed gedoen het vir almal wat aan God behoort. 3Want God het geweet dat Jesus belangriker is as Moses, en so is die een wat 'n huis bou, ook belangriker as die huis wat hy gebou het. 4Want dit is 'n mens wat 'n huis bou, maar dit is God wat alles gemaak het wat daar is. 5Dit is waar dat Moses alles goed gedoen het vir almal wat aan God behoort. Moses het alles gedoen soos iemand wat vir ander mense werk. Hy het dit gedoen sodat hy vir hulle kon vertel van al die dinge wat God later vir hulle sal sê. 6Maar Christus is anders as Moses, Christus is God se Seun, en Hy het alles gedoen vir almal wat aan God behoort. En ons behoort aan God as ons nie bang is nie en as ons aanhou glo. Ons is baie seker van die dinge wat ons glo.
Julle moet oppas dat julle nie ophou om te glo nie
7Daarom, die Heilige Gees sê:
Vandag, wanneer julle luister
na wat God sê,
8dan moet julle nie hardkoppig
wees nie,
soos toe julle opstandig
was teen God
op die dag toe julle vir Hom
in die woestyn getoets het.
9-10Julle voorvaders het daar
40 jaar lank gesien
wat Ek gedoen het,
maar hulle het My getoets,
hulle wou kyk of Ek hulle
sal straf.
Daarom was Ek kwaad
vir daardie geslag
en Ek het gesê:
“Hulle is mense wat nooit weet
wat hulle doen nie,
hulle wil nie lewe soos Ek
wil hê nie.”
11Ek was kwaad en Ek het gesê:
“So seker soos Ek lewe,
hulle sal nie kom in die land
waar Ek hulle veilig
wou laat woon
en laat rus nie.”
12My vriende, daarom moet julle oppas dat nie een van julle so sleg en opstandig word dat julle ophou om te glo in die God wat lewe nie. 13Maar julle moet mekaar help om reg te lewe, sodat niemand van julle hardkoppig word omdat die sonde hom verlei nie. Julle moet dit doen elke dag wat julle lewe, elke dag wanneer julle kan sê dit is nog “ vandag.” 14Want ons is Christus se vriende en ons werk saam met Hom as ons tot aan die einde aanhou om vas te hou aan die dinge wat ons in die begin geglo het. 15Dit is soos die Ou Testament sê:
Vandag, wanneer julle luister
na wat God sê,
dan moet julle nie so
hardkoppig wees
soos toe julle opstandig was
teen God nie.
16Wie is daardie mense wat gehoor het wat God gesê het, maar wat opstandig was? Dit is al die mense wat saam met Moses uit die land Egipte getrek het, dit is seker. 17Vir wie was God 40 jaar lank kwaad? Hy was kwaad vir die mense wat sonde gedoen het, daardie mense se dooie liggame het in die woestyn gelê. 18God het gesê: “ So seker soos Ek lewe, hulle sal nie kom in die land waar Ek hulle veilig wou laat woon en laat rus nie.” Vir wie het God dit gesê? Hy het dit gesê vir die mense wat nie geluister het na Hom nie. 19Daarom sien ons dat hulle nie kon ingaan in die land nie omdat hulle nie in God geglo het nie.

Currently Selected:

Hebreërs 3: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Videos for Hebreërs 3