YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 123

123
Here, U moet genadig wees vir ons
1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan.
Here, U wat in die hemel op u troon sit,
ek kyk op na U toe.
2U moet weet, ons kyk na ons God die Here
soos slawe kyk na hulle eienaars,
soos 'n slavin kyk na die vrou aan wie sy behoort,
en ons wag dat Hy genadig moet wees vir ons.
3Here, U moet genadig wees vir ons, genadig,
want ons wil hê dat mense moet ophou
om ons te verneder.
4Ons wil hê dat hoogmoedige mense moet ophou
om ons te spot en te verneder.

Currently Selected:

Psalms 123: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Videos for Psalms 123