YouVersion Logo
Search Icon

1 Samuel 31

31
Dood van Saul
(1 Kron 10:1-12)
1 Intussen het die Filistyne teen Israel geveg en die manne van Israel het voor die Filistyne uit gevlug; die gesneuweldes het op die berg van Gilboa gelê. 2 Die Filistyne het op Saul en sy seuns se hakke gebly en hulle het Jonatan, Abinadab en Malkisua, Saul se seuns, neergevel.
3Die geveg het verhewig teen Saul, en toe die skutters, die manne met die boog, op hom afkom, het hy onbedaarlik gebewe vir die boogskutters.
4 Saul sê toe vir sy wapendraer: “Trek jou swaard en deurboor my daarmee, anders kom hierdie onbesnedenes, en deurboor my en martel my.” Maar sy wapendraer wou nie, want hy was angsbevange. Toe vat Saul sy swaard en val daarin. 5 Toe sy wapendraer sien dat Saul dood is, val ook hy in sy swaard en sterf saam met hom. 6So het Saul, sy drie seuns en sy wapendraer, asook al sy manne, op daardie dag saam gesterf.
7Toe die manne van Israel wat oorkant die vallei was, en dié wat oorkant die Jordaan was, sien dat die manne van Israel gevlug het, en dat Saul en sy seuns dood is, het hulle die dorpe verlaat en gevlug. Die Filistyne het toe gekom en daar gaan woon.
8Die volgende dag, toe die Filistyne kom om die gesneuweldes te plunder, kry hulle Saul en sy drie seuns waar hulle op die berg van Gilboa lê. 9 Hulle het sy kop afgekap en hom van sy wapens gestroop. Hulle het boodskappers in die land van die Filistyne rondgestuur om in die tempels van hulle afgode en aan die volk die goeie nuus te bring. 10Hulle het sy wapens in die tempel van die Astartes neergesit, maar sy lyk het hulle teen die muur van Bet-San vasgeslaan. 11 Toe die inwoners van Jabes in Gilead dit hoor – wat die Filistyne Saul aangedoen het – 12het al die bekwame manne gereedgemaak en die hele nag lank geloop. Hulle het die lyk van Saul en die lyke van sy seuns van die muur van Bet-San verwyder, na Jabes gegaan en hulle daar verbrand. 13Toe het hulle hulle beendere geneem en dit onder die tamarisk by Jabes begrawe. Hulle het sewe dae lank gevas.

Currently Selected:

1 Samuel 31: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Videos for 1 Samuel 31